Tribunaal raps Britte oor Marikana-onderskepping

‘n Tribunaal wat oor Britse instansies se bevoegdhede beslis, het bevind dat die Britse regering onregmatig opgetree het deur e-posse van die Regshulpsentrum rakende Marikana te onderskep. Die regshulpsentrum het die onthulling as kommerwekkend beskryf. Die sentrum hanteer onder meer die saak van die families van mynwerkers wat in die Marikana-tragedie in 2012 dood is.

Lees verder: Tribunaal raps Britte oor Marikana-onderskepping

Vyf vermeende renosterstropers aangekeer

Vyf vermeende renosterstropers het Maandag in die KwaMsane Landdroshof in Kwazulu-Natal verskyn waarna hulle op R5 000 borgtog elk vrygelaat is, het News24 berig. Die vyf mans is 13 Junie in hegtenis geneem na ‘n wenk dat renosterstropers op pad was om ‘n renoster in die Umfolozi-gebied te stroop. Polisie het die vyf omstreeks sewe-uur

Lees verder: Vyf vermeende renosterstropers aangekeer

Oorlogsmonument weer beskadig

Die oorlogsmonument in Uitenhage in die Oos-Kaap is met wit verf beskadig het RSG berig. Dit is die tweede voorval van vandalisme by die standbeeld die afgelope ruk, nadat dit in April vanjaar aan die brand gesteek is. Ander standbeelde wat vanjaar in die provinsie deurgeloop het, is die standbeeld van Koningin Victoria, ‘n beeld

Lees verder: Oorlogsmonument weer beskadig

Namibiese oogspesialis wen Nelson Mandela-prys

Die Namibiese oogspesialis, dr. Helena Ndume, bekend vir haar liefdadigheidswerk met gesiggestremdes, het pas die Verenigde Nasies se eerste Nelson Mandela-prys in New York verower. Die Portugese president Jorge Sampaio sal ook die prys ontvang, het die voorsitter van die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies, Sam Kutesa Maandag gesê. Ndume is glo bekend vir

Lees verder: Namibiese oogspesialis wen Nelson Mandela-prys

Olimpiese atletieklegende oorlede

Die Bloemfonteinse atletieklegende en wenner van die hoogspringtitel vir vroue by die Olimpiese Spele in 1952 in Helsinki, Finland, Esther Brand is gister op die rype ouderdom van 92 jaar in Bloemfontein oorlede. Brand is tot op hede die enigste Suid-Afrikaanse vroue-atleet wat ‘n goue medalje by ‘n Olimpiese Spele kon vermag. Sy het gewen

Lees verder: Olimpiese atletieklegende oorlede

Bejaarde in oog en rug gesteek tydens plaasaanval

‘n Bejaarde man is Sondagoggend met ‘n skêr in sy oog en rug gesteek toe hy en sy vrou deur twee swart verdagtes op hul plaas in Noordwes aangeval is. Johannes Haasbroek (73) en sy vrou het albei in hul plaashuis op die plaas Friedslard in Ganyesa geslaap toe die aanval gebeur het. Noordwes polisiewoordvoerder,

Lees verder: Bejaarde in oog en rug gesteek tydens plaasaanval

Nog chaos dié week in parlement verwag met Bashir-debat

President Jacob Zuma het sy spyt en teleurstelling uitgespreek oor die chaos in die Parlement toe ‘n beplande vraag- en antwoordsessie tussen hom en parlementslede weer verdaag moes word. Chaos word dié week verwag met die debat oor die Soedanese president se verdwyningstoertjie nadat hy ‘n Hooggeregshofuitspraak verontagsaam het. Die ACDP se hoofsweep, Cherelyn Dudley,

Lees verder: Nog chaos dié week in parlement verwag met Bashir-debat

Standaardtarief vir doktersbesoeke bekyk

Die Raad op Gesondheidsfinansiers vra dat ‘n standaardtarief vir gesondheidsorg ingestel word om stygende mediese kostes aan bande te lê, het RSG berig. Die Raad het gereageer op kommer dat ‘n toenemende aantal dokters kontant van pasiënte vereis voor hulle behandeling ontvang. In talle gevalle is dié bedrag meer as wat mediese fondse betaal. In

Lees verder: Standaardtarief vir doktersbesoeke bekyk

Ses gesinne, drie minute

‘n Gewapende roof in Linden, Johannesburg, op 20 Junie het net drie minute geduur waartydens ses gesinne aangeval is. Ene Fareed Hoosen, van Pexco Security was glo eerste op die toneel. “Ek het verbygery my vriend Hans se huis op my pad huis toe van die werk af en gesien dat hulle partytjie hou. Binne

Lees verder: Ses gesinne, drie minute

Duitse popster wil Namibiese renosters red

‘n Derde witrenoster is op die wildsplaas Okamahoro wes van Okahandja in Namibië gestroop, het die Republikein berig. Volgens die polisie van die Otjozondjupastreek is die renoster met 10 geweerskote neergevel. In Mei is ook twee witrenosters op dié plaas gestroop. Niemand is nog in hegtenis geneem nie en die ondersoek duur voort. Intussen het

Lees verder: Duitse popster wil Namibiese renosters red