Bejaarde in oog en rug gesteek tydens plaasaanval

‘n Bejaarde man is Sondagoggend met ‘n skêr in sy oog en rug gesteek toe hy en sy vrou deur twee swart verdagtes op hul plaas in Noordwes aangeval is.

Johannes Haasbroek (73) en sy vrou het albei in hul plaashuis op die plaas Friedslard in Ganyesa geslaap toe die aanval gebeur het.

Noordwes polisiewoordvoerder, Kealeboga Molale, het gesê twee swart verdagtes het deur toegang tot die huis deur ‘n venster verkry. Die verdagtes het ‘n pistool en twee selfone gesteel voordat hulle op die vlug geslaan het.

Volgens Molale het die polisie die verdagtes se spoor gevolg tot by ‘n veepos in Cassel, waar hulle die mans, onderskeidelik 27 en 28 jaar oud, aangekeer het.

Die verdagtes sal na verwagting vandag in die Ganyesa-landdroshof verskyn.

13 thoughts on “Bejaarde in oog en rug gesteek tydens plaasaanval”

  1. “Bejaarde in rug gesteel tydens plaasaanval” – moet wees GESTEEK.

    Ek wil sê dit raak erger by die dag, maar dis lankal nie meer so nie, nader aan erger by die uur. Wat ‘n tragiese toestand het hierdie land nie net in verval nie.

Maak 'n opvolg-bydrae