Vrystaat oorhandig ses luukse sedans aan tradisionele leiers

Premier Ace Magashule van die Vrystaat het ses splinternuwe Mercedes-Benzes aan tradisionele leiers in sy provinsie oorhandig. Volgens DA-lid van die Nasionale Raad van Provinsies Roy Jankielsohn, kon die R3,2 miljoen wat bestee is aan die motors ​​slagoffers van droogte gehelp het. “In ‘n tyd waar die Vrystaat ly onder die juk van die ergste

Lees verder: Vrystaat oorhandig ses luukse sedans aan tradisionele leiers

Trump stel sy besoek aan Israel af

Die handskoene is af in die stryd tussen ‘n Amerikaanse presidentskandidaat en Israel. Politici in Israel het Woensdag hul regering gevra om Donald Trump, voorloper in die Republikeinse Party se benoemingstryd vir 2016 se presidentsverkiesing, die land te verbied. “Ek beveel aan dat teen terroriste en ekstremistiese Islam geveg word, maar ek sou nie ’n

Lees verder: Trump stel sy besoek aan Israel af

Inisiasieskooleienaar in Welkom van moord aangekla

Die eienaar van ‘n inisiasieskool in Welkom en sy assistent sal na verwagting vandag in die plaaslike landdroshof verskyn nadat ‘n man by die skool dood is. Polisiewoordvoerder in die Vrystaat, Stephen Thakeng, sê die twee mans is Woensdag in hegtenis geneem by Riebeeckstad nadat die polisie inligting ontvang het dat ‘n man by die

Lees verder: Inisiasieskooleienaar in Welkom van moord aangekla

Cosatu waarsku David van Rooyen oor kerntransaksie

Cosatu het Donderdag die nuwe minister van finansies, David van Rooyen, gemaan dat hy nie behoort voort te gaan met die staat se beplande kernkragtransaksie nie. Die Franse Areva-kerntender vir Eskom is pas deur ‘n appèlhof ter syde gestel. Volgende maand sal die reuse kernkragtender aan die Russe, onder aanvoering van Tina Joemat-Pettersson, die minister

Lees verder: Cosatu waarsku David van Rooyen oor kerntransaksie

Regbank straf Franse Areva oor Eskom-tender

Die Amerikaanse firma Westinghouse se kanse om ‘n reuse Eskom-tender te bekom het aansienlik verbeter nadat die Appèlhof ‘n tender aan die Franse kernmaatskappy, Areva, ter syde te stel het. Britse en Amerikaanse invloedsmouse het die beslissing verwelkom wat Eskom se toekenning aan Areva in die wiele ry. Die DA het gesê dit is ‘n

Lees verder: Regbank straf Franse Areva oor Eskom-tender

Griekse polisie skuif migrante na skermutselinge uitbreek

Die Griekse polisie moes inderhaas Woensdag 2300 migrante wat gestrand was vir drie weke lank by die grens met Masedonië na Athene verskuif weens oplaaiende spanning. Die fortuinsoekers hoop op asiel in Noord-Europa. Skermutselinge het uitgebreek, alhoewel nie op die skaal van die onlangse botsings tussen die polisie en die migrante nie, wat die owerhede

Lees verder: Griekse polisie skuif migrante na skermutselinge uitbreek

Rand val soos ‘n klip ná Zuma MK-terroris as minister van finansies aanstel

Die rand het gistermiddag en vanoggend soos ‘n klip begin val nadat Jacob Zuma ‘n voormalige MK-terroris, David van Rooyen, as sy minister van finansies aangestel het. Die vorige minister, Nhlanhla Nene, is summier van sy pos onthef. Die geldeenheid het deur die vlak van R15 per dollar gebreek, asook R16 per euro, en daal

Lees verder: Rand val soos ‘n klip ná Zuma MK-terroris as minister van finansies aanstel

Hittetoestande duur voort

Baie warm en droë weerstoestande duur ongelukkig voort in groot dele van die Vrystaat en Noordwes die volgende week met ‘n geringe kans op reën teen volgende week. ‘n Weervoorspeller in die Bloemfonteinse weerkantoor, Sihle Kunene, sê ‘n hittegolf sal na verwagting tot môre in die suidelike deel van die Vrystaat woed, wat Wepener en

Lees verder: Hittetoestande duur voort

Franse verkiesing: Sosialis speel die ‘rassekaart’

Claude Bartolone, die Sosialistiese kandidaat vir die Île-de-France, die streek van 15 miljoen mense wat die hoofstad Parys insluit, het die “rassekaart” gespeel. In ‘n onderhoud met die linkse tydskrif Le nouvel observateur het hy sy opponent van die sentrum-regse Republikeine, Valérie Pécresse, daarvan beskuldig dat sy “agteraf Versailles, Neuilly en die blanke ras verdedig…

Lees verder: Franse verkiesing: Sosialis speel die ‘rassekaart’

Terroris van aanval op universiteit vas

‘n Amerikaans-gebore Islamitiese rebel wat vermoedelik een van die aanhitsers was van die terreuraanval op die Garissa-universiteit in Kenia vroeër vanjaar, het homself die naweek aan die Somaliese weermag oorgegee. Abdimalik Jones het onlangs weggebreek van al-Sjabaab om aan te sluit by vegters wat die Islamitiese Staat (ISIS) ondersteun, het dpa berig. Somaliese soldate het

Lees verder: Terroris van aanval op universiteit vas