‘n Vliegtuig van Air Canada het tydens landing in die oostelike stad, Halifax van die aanloopbaan afgeloop en meer as 20 mense is lig beseer. Die meeste beseerdes is na behandeling ontslaan. Die Airbus A320 van Toronto het 133 passasiers en vyf bemanningslede aan boord gehad. ‘n Skielike kragonderbreking by die lughawe is opgemerk. Nova
Gesteelde Picasso ter waarde van $16 miljoen gevind
‘n Picasso-skildery, wat vermoedelik gesteel is, en ’n Romeinse beeld uit die tweede of derde eeu is in afsonderlike voorvalle teruggevind net voordat dit na New York versend sou word, is berig. Die Carabinieri, die Italiaanse polisie, se kuns-eenheid het beslag gelê op die skildery wat in 1912 in Picasso se kubistiese tydperk geskilder is.
Lees verder: Gesteelde Picasso ter waarde van $16 miljoen gevind
Olimpiese atleet verdrink
Die Kanadese Olimpiese atleet Daundre Barnaby het tydens ’n oefenkamp op die Karibbiese eiland St. Kitts in die see verdrink, het Atletiek Kanada die naweek aangekondig. Barnaby, ’n 24-jarige Jamaikaan van geboorte, het Kanada in die 400 m by die Olimpiese Spele van 2012 in Londen verteenwoordig. Volgens die verklaring het Barnaby verdwyn terwyl hy
Westinghouse woedend oor Franse kontrak
Die wêreld se grootste vervaardiger van kernbrandstof, Westinghouse gaan appelleer teen ‘n hofbeslissing wat weier om die tenderproses ter waarde van meer as R4 miljard met Eskom, weer oop te stel. Die Franse maatskappy, Areva het die kontrak gekry om stoomkragopwekkers te vervang. Westinghouse, wat deel van Toshiba in Japan is, beweer die tenderproses om
Die de(kon)struksie van die Potchefstroomse universiteitskampus
Die mooi klinkende etiket “demokrasie” is eintlik maar net ‘n vyeblaar. Demokrasie is vir die ANC aanvaarbaar slegs omdat die oorgrote meerderheid kiesers swart is.
Die mooi klinkende etiket “demokrasie” is eintlik maar net ‘n vyeblaar. Demokrasie is vir die ANC aanvaarbaar slegs omdat die oorgrote meerderheid kiesers swart is.
Lees verder: Die de(kon)struksie van die Potchefstroomse universiteitskampus
Drie geboue stort ineen na ontploffing in NY
Drie woonstelgeboue het in New York in die VSA ineengestort en ‘n vierde het aan die brand geslaan ná ‘n vermeende gasontploffing. Brandweermanne het gesê 19 mense is beseer, waarvan vier in ‘n kritieke toestand verkeer, sommige met brandwonde aan hul lugweë. Die burgemeester van New York, Bill de Blasio het gesê dat dit blyk
Duitse rampvlieënier het glo aan depressie gely
Die Franse staatsaanklaer wat die ondersoek na die Alpe-vliegramp lei, het Donderdag in sy regstreekse perskonferensie verklaar dat die medevlieënier van ‘n Germanwings-vliegtuig glo doelbewus die vliegtuig laat daal het. Intussen het die Duitse polisie die huis van die medevlieënier se ouers deursoek. “Ons het iets wat nou vir toetse geneem word gevind,” het Markus
Lees verder: Duitse rampvlieënier het glo aan depressie gely
Akademie kondig Hertzog- en ander pryse aan
Die Raad van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het so pas die Hertzogprys vir drama, wat aan Tertius Kapp toegeken word, asook ‘n hele rits ander pryse vir 2015 aangekondig. Die pryse sal na keuse van die bekroondes tydens bekroningsplegtighede, onderskeidelik op Stellenbosch (24 Junie) en Pretoria (2 Oktober) oorhandig word. ERELIDMAATSKAP VAN
VSA waarsku teen terreur in Oeganda
RSG berig dat die Oegandese polisie veiligheidsmaatreëls in die hoofstad, Kampala verskerp het nadat die VSA sy burgers teen terreur gewaarsku het. Die Amerikaanse ambassade het gister gesê terreurgroepe kan plekke in Kampala teiken waar Amerikaners en ander Westerlinge gewoonlik bymekaar kom. Die polisie sê die bedreiging word verbind met die Islamitiese groep al-Sjabaab. Oeganda
Repokoers onveranderd maar inflasie wink
Alhoewel Lesetja Kganyago, president van die Reserwebank, gistermiddag in Pretoria aangekondig het dat die bank sy repokoers onveranderd laat op 5,75%, kan die daling in die waarde van die rand en `n waarskynlike opwaartse neiging in inflasie, die Reserwebank dwing om rentekoerse later vanjaar te verhoog. Na verwagting sal finansiële druk op verbruikers in April
