NY Opera ontruim na man as strooi

Die Metropolitaanse Operahuis in New York het Saterdag sy uitvoering van Rossini se Guillaume Tell inderhaas afgestel nadat ‘n man glo sy mentor se as in die orkesput gestrooi het.

Daar is eers gemeen dat dit ‘n terreuraanval kon wees.

Die polisie in New York sê getuies in die gehoor het ‘n man hoor sê sê hy is by die opera om die as van sy mentor te strooi. Die man het dit glo tydens die tweede pouse gedoen.

John Miller, adjunkkommissaris van die departement van intelligensie en antiterrorisme sê dit kan die oorblyfsels van ‘n mens wees, maar dit moet nog ontleed word.

Die operahuis het op sy Facebook-blad gesê Saterdagaand se uitvoering van Rossini se L’Italiana in Algeri is ook gekanselleer sodat die polisie die voorval kan ondersoek.

Geen beserings of skadelike reaksies is weens die “onbekende middel” aangemeld nie. Die teater is ontruim en die polisie het ‘n spesiale eenheid ontplooi om die voorval te ondersoek.

Die onbekende verdagte het van die toneel gevlug en niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Operaliefhebbers het die opvoering van Tell wat herleef dié seisoen na meer as 80 jaar van verwaarlosing, se half-hartige kwasi-modernistiese stelkleding deur Pierre Audi, glo nie waardeer nie en harde applous kon gehoor word toe

Obama ignoreer bomaanslae en trap kiesers uit

President Obama se motorkade het digby die ligging van die bomaanslag Saterdagaand verby gery en hy het in Manhattan Sondagaand oornag, maar Obama het nog geen kommentaar oor die aanval in Chelsea gelewer nie.

In plaas daarvan, het Obama gekonsentreer op die sinkende presidensiële veldtog van Hillary Clinton.

Obama het gepraat oor die belangrikheid van hierdie verkiesing – “die belangrikste verkiesing van ons leeftyd” – en bespreek waarom hy glo Clinton sukkel.

Hy het “seksistiese” kiesers blameer, asook ‘n “rasgepolariseerde” samelewing. Van radikale Moslems en terreuraanslae was daar geen sprake nie.

Ondersoekbeamptes ondersoek intussen moontlike terreurbande in die drie aanvalle wat binne 24 uur die naweek op Amerikaanse grondgebied plaasgevind het.

Volgens berigte word vyf mense in verband met ’n ontploffing in Manhattan aangehou. Die ander voorvalle was ’n massa-messtekery in Minnesota en ’n pypbomontploffing in New Jersey.

Volgens die owerhede was die aanvalle moontlik gekoördineer, want die tydsberekening het vrese oor veiligheid laat ­ontstaan.

Federale sowel as plaaslike owerhede het vyf verdere verdagte items, wat in ’n rugsak in New Jersey gevind is, ondersoek.

Die FBI in Newark het getwiet “’n verdagte pakkie met veelvuldige ploftoestelle” is in ’n asdrom in Elizabeth, New Jersey, buite ’n kroeg gevind.

“Terwyl werk aan die gang was om die toestelle te beveilig, het een ontplof. Daar was geen beserings nie en wetstoepassers op die toneel is besig om getuienis te ondersoek,” lui die FBI se twiet.

Drie terreuraanslae in die VSA

‘n Gesamentlike Amerikaanse terreurtaakmag ondersoek die ontploffing te ondersoek die ontploffing in New York waarin 29 mense beseer is

Die burgemeester van New York, Bill de Blasio sê New Yorkers sal hulle nie deur Saterdagaand se ontploffing laat intimideer nie.

‘n Ploftoestel het in ‘n besige straat in Chelsea in Manhattan ontplof en vyf toestele is naby ‘n treinstasie opgespoor.

Die FBI het vier van die ploftoestelle reeds onskadelik gestel met behulp van robotte.

Die bom wat ontplof het, het bestaan uit ‘n drukkoker waaraan ‘n selfoon vasgemaak is. Volgens die polisie is dit soortgelyk aan die bomme wat drie jaar gelede tydens die Boston Marathon ontplof het.

De Blasio sê voorlopige aanduidings is dat die ontploffing ‘n terreuraanslag was.

‘n Soortgelyke toestel het vroeër in New Jersey ontplof. Altesaam is 38 mense gewond in die voorvalle wat ook ‘n mesaanval insluit in St. Cloud, Minnesota.

Intussen sê ‘n nuusagenskap wat bande met die internasionale terreurgroep ISIS het, Amaq, dat die mesaanval by die winkelsentrum in die staat Minnesota in die VSA deur een van sy ondersteuners uitgevoer is.

Die polisie het die man later doodgeskiet.

Die man was geklee as ‘n veiligheidswag en het agt mense in die St. Cloud-winkelsentrum met ‘n mes gesteek en beseer.

Hy het glo minstens een persoon gevra of hy ‘n Moslem was voordat hy die man aangerand het.

Drie van die beseerdes word in die hospitaal behandel. Geen van die beserings was noodlottig nie.

Die FBI ondersoek die gebruik van tanneriet in albei toestelle. Hulle wou nie bevestig dat vyf mense in hegtenis geneem is nie.

Waterskilpaaie ontwrig lugverkeer by JFK

Meer as 400 waterskilpaaie het vlugte in New York vertraag omdat hul broeigebied naby die aanloopbane by die John F. Kennedy Internasionale Lughawe is.

Tot dusver is 396 skilpaaie opgemerk by JFK-lughawe tydens migrasie vanjaar wat tans aan die gang is.

Associated Press berig van die diertjies het oor die aanloopbane begin kruip en werkers moes hulle inderhaas bymekaarmaak voordat hulle in die pad van vliegtuie beland.

Dit gebeur blykbaar gereeld dat die diere hul weg na die lughawe vind en plastiekversperrings wat aangebring is, blyk min effek te hê.

Die waterskilpaaie is intussen na ‘n plek van bewaring geneem naby Jamaica Bay.

Drie geboue stort ineen na ontploffing in NY

Drie woonstelgeboue het in New York in die VSA ineengestort en ‘n vierde het aan die brand geslaan ná ‘n vermeende gasontploffing.

Brandweermanne het gesê 19 mense is beseer, waarvan vier in ‘n kritieke toestand verkeer, sommige met brandwonde aan hul lugweë.

Die burgemeester van New York, Bill de Blasio het gesê dat dit blyk dat niemand vermis word nie. ‘n Ondersoek na die voorval is aan die gang.
 
De Blasio het gesê niemand het ‘n gaslek aan die owerhede voor Donderdag se ontploffing aangemeld nie. Con Edison, die gasmaatskappy, het gesê hulle het die hele gebou Woensdag ondersoek en het geen lekkasies gevind nie.

Ooggetuies het vertel hoe bebloede inwoners uit die gebou gehardloop het en in die straat ineengesak het.

Agt mense is verlede jaar in ‘n soortgelyke voorval in die Harlem-buurt dood.

Ontploffing eis vier in NY

harlemgasDie ontploffing wat New York Woensdag geskud het, was glo te wyte aan ‘n gaslek.

Die dodetal in die gasontploffing in Harlem, in die noorde van die Amerikaanse stad, sal na verwagting nog verder styg.

Twee woonstelgeboue is slegs vyftien minute nadat ‘n gaslekkasie by die plaaslike kragverskaffer aangemeld is, deur ‘n reuse ontploffing in puin gelê.

Die geweldige slag het stukke van die gebou tot meer as 20 meter ver laat spat en inwoners het gesê dit het soos ‘n aardbewing gevoel.

Meer as 250 brandbestryders moes spook om die brand onder beheer te bring.

Die dodetal staan op vier, maar die owerhede kon nog nie vasstel hoeveel mense in die geboue was toe dit ineengestort het nie.

Na wat berig word, word nege mense tans vermis en 60 mense is in die ontploffing beseer.

‘n Opruimingsoperasie is aan die gang wat ‘n geruime tyd sal duur.

Asmal kies maatskappye se kant in Apartheidhofsaak

Die voormalige minister van onderwys, Kader Asmal, sal na verwagting aan die kant van multinasionale maatskappye wees tydens ‘n apartheidserahofsaak wat Maandag in New York sal hervat.

“Kader Asmal is aan die kant van die maatskappye,” het prof. Marjorie Dobson, nasionale direkteur van die groepe gesê.

Daar sal ook Maandag bespreek word of die suidelike distrikshof in New York oor die jurisdiksie beskik om te saak te verhoor.

“Daar sal 15 minute van kruisondervraging wees aan albei kante deur die regter, gebaseer op die argumente wat ingedien is. Ons is van mening dat die hof wel oor die jurisdiksie beskik,” het Dobson gesê.

Die maatskappye wat gedagvaar word sluit in: Barclays, Daimler, Ford, Fujitsu, General Motors, IBM, Rheinmetall en UBS.

Dié groepe word daarvan beskuldig dat hulle hulp en bystand aan alle apartheidsaksies verleen het deur besigheid met die apartheidsregering te doen.

 

casino online free bonus no depositАлександр Фильчаков Васильевич