Die Kanadese Olimpiese atleet Daundre Barnaby het tydens ’n oefenkamp op die Karibbiese eiland St. Kitts in die see verdrink, het Atletiek Kanada die naweek aangekondig.
Barnaby, ’n 24-jarige Jamaikaan van geboorte, het Kanada in die 400 m by die Olimpiese Spele van 2012 in Londen verteenwoordig.
Volgens die verklaring het Barnaby verdwyn terwyl hy saam met spanmaats geswem het.
Barnaby het in 2012 ’n Kanadese burger geword.
