‘n vervolgverhaal deur Gustav Venter Bodem I is reeds volledig. Lees eers Bodem boek II, 6. Die rot het ʼn keuse: Leer en leer vinnig, of word katkos. Ek dink ek, Dennis en miskien Micki het kennis uit die voorval met ons aanvallers opgedoen; ek weet Joachim het geleer. Die uitleg van ʼn stad in straatblokke
Ronnie Kasrils weet nie of hy ANC moet stem nie
Die voormalige minister van intelligensie Ronnie Kasrils weet nog nie of hy onomwonde sy stem vir die ANC gaan uitbring nie. “Ek was ‘n persoon wat so betrokke was by die mobilisering vir ANC-stemme,” het hy glo aan die Mail&Guardian gesê. “Ek moet erken dat ek nie vandag dit kan doen nie…” Kasrils sê hy
Lees verder: Ronnie Kasrils weet nie of hy ANC moet stem nie
Beginsellose verkiesing?
Herman Toerien vra in sy nuuskommentaar of Suid-Afrikaners dalk vanjaar sonder enige beginsels kieslokaal toe sal gaan nalv die opportunistiese oorlopery van Cope en DA LP’s na die ANC. In sy hoofartikel looi Volksblad nie net die optrede van die vier oorlopers nie, maar ook die lamlendige verskonings of verduidelikings wat die viertal aangebied het.
ANC-lyfwagte skiet glo op ongewapende skoolkinders in Bekkersdal
Die ANC se verkiesingsveldtog is gister in Bekkersdal ondermyn toe jong swartes die party se beplande koukusvergadering ontwrig het. Volgens ‘n verklaring deur die ANC in Gauteng se hoofsweep Brian Hlongwa uitgereik is, is gister se koukusvergadering op Bekkersdal ontwrig. Die party meen dat daar nie “verbode plekke in ‘n demokratiese samelewing mag wees nie”.
Lees verder: ANC-lyfwagte skiet glo op ongewapende skoolkinders in Bekkersdal
Das Venter jongste plaasmoordslagoffer
Das Venter is vroeg Vrydagoggend in koele bloede doodgeskiet by sy huis in Welgedacht, die jongste slagoffer van ‘n noodlottige plaasaanval. Nog ‘n klagte sal deu Afriforum by die Nasionale Kommissaris van Polisie, generaal Riah Phiyega gelê word oor swak polisiëring, na die plaasmoord weer die Cullinangebied buite Pretoria geruk het. Die SAPD is veronderstel
Gratis Afrikaanse speltoetser WSpel is hier!
WSpel het pas weergawe 14.1 geloods! Met meer as 516,000 woorde in die WSpel-woordelys en duisende inskrywings in MS-Word se AutoCorrect-funksie, is WSpel tans die grootste Afrikaanse speltoetser vir Microsoft Office (Windows en Mac) ter wêreld. Daarby voldoen dit aan die spelwyse van die jongste Afrikaanse Woordelys en Spelreëls (AWS) 2009. Dis alles gratis, want
Werkers beseer toe visfabriekvloer meegee
‘n Onbekende aantal werkers is beseer toe die vloer van ‘n visfabriek in die hawe in Port Elizabeth in die Oos-Kaap ingetuimel het, het RSG berig. Meer as 80 fabriekswerkers van Eyethu Fishing het gereed gemaak vir hulle skof toe die vloer waarop hulle gestaan het, ingetuimel en hulle meters ver geval het. Die beseerdes
Aanranding van Nigeriër diplomatieke insident
Nigerië het beswaar aangeteken teen die aanranding van een van sy burgers deur twee wit polisiebeamptes. Die Nigeriese Hoëkommissariaat in Pretoria sê hy het ‘n sterk bewoorde nota aan Suid-Afrika se Departement van Internasionale Betrekkinge gestuur. Beeldmateriaal van twee wit polisiemanne wat ‘n Nigeriër hardhandig behandel, is vinnig in Nigerië versprei na die voorval. Nigeriese
Groot vloedskade in Limpopo en Noordwes
Swaar reën in Limpopo, Noordwes en veral op Mogwase naby Sun City het groot skade aangerig. Brûe in Mogwase is onder water en voertuie het ook in vloedwater vasgeval. Premier Thandi Modise Sal Vrydag die rampgebied besoek. Nooddienste werk onverpoosd in verskeie dele van Limpopo met talle mense wat in Warmbad (Bela Bela) deur die
Betogers in Limpopo maak amok oor winkelsentrum
Honderde oproeriges van “The Oaks”, ‘n lokasie in die noorde van Limpopo moes deur die polisie uiteen gejaag word met rubberkoeëls. Die betogers het opgeruk om omdat ‘n beloofde winkelkompleks in die gebied nie gebou word nie. Hulle kla oor ‘n tekort aan winkels. Die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming vertraag glo die aansoek
Lees verder: Betogers in Limpopo maak amok oor winkelsentrum
