Gratis Afrikaanse speltoetser WSpel is hier!

wspelWSpel het pas weergawe 14.1 geloods!

Met meer as 516,000 woorde in die WSpel-woordelys en duisende inskrywings in MS-Word se AutoCorrect-funksie, is WSpel tans die grootste Afrikaanse speltoetser vir Microsoft Office (Windows en Mac) ter wêreld.

Daarby voldoen dit aan die spelwyse van die jongste Afrikaanse Woordelys en Spelreëls (AWS) 2009. Dis alles gratis, want WSpel is gratis vir almal.

Ons doelwit is om die omvattendste en gebruikersvriendelikste speltoetser gratis in Afrikaans daar te stel.

WSpel word gereeld bygewerk met nuwe woorde of bestaande woorde wat voorheen nie opgeneem is nie. U kan die program gratis van tyd tot tyd aflaai of laat bywerk.

Herrie se kerrie: Van watter affêre

Laat Herrie sommer met die deur in die huis val – omdat Herrie disleksie het lag Herrie nie sommer vir iemand anders se speling, ekskuus, spelling nie.

Maar soms laat iets ‘n mens se bloed kook. Terwyl die taalbulle mekaar in Stellenbosch pak oor die toekoms van Afrikaans aan die US, verskyn daar ‘n groot advertensie in Rapport om mense aan te moedig om water spaarsamig te gebruik.

Omtrent al wat ‘n mens positief kan sê, is dat die adverteerders darem Afrikaans probeer pleeg het.

Sommer in die aanloop word verkondig dat Suid Afrika (sonder die koppelteken) nie ‘n waterryk land is nie, en dat waterbesparings wenke (koppel-“s” se maai) nodig is in en rondom die huis.

So word mense gemaan om nie pote (potte?) vol te maak nie.

“Lei altyd jou plante gedurende die vroeg in die oggend en in die aand nat, wanneer temprature kooler is,” lui die advies. “Dakwater kan ook in tenke gespaar word om jou tuin te water.”

Lesers word ook gemaan oor die gevaar van “invallende indringer plante.”

Dié juweeltjies kom van die “Department of Water Affairs (all English) en daaroor moet ‘n mens stellig dankie sê want anders het ons hierdie “advies” seker van die “Department Watter Affêre” gekry.

Net ‘n rukkie later lees Amanda Olivier RSG se eenuurnuus, en verwys na ‘n party wat gaan probeer keer dat die regering afdeling 25, in plaas van artikel 25 van die grondwet verander. Herrie moet seker bly wees “section” is nie sommer met “seksie” vertaal soos wat gewoonlik gebeur nie.

Nou is Herrie dubbel so kwaad vir die regering oor sy planne met plase.

Hierdie verminking van Afrikaans was nou nie die ergste wat Herrie al te siene gekry het nie. Die Cheetahs se advertensie in ‘n dagblad vir seisoenkaartjies het bykans net sulke juweeltjies opgelewer. Onder die juweeltjies in daardie advertensie was dat die seisoenkaartjiehouers ook ‘n toets teen “Australia” te siene sou kry.

‘n Mens kry eintlik koerante se taalversorgers jammer. As ‘n mens byvoorbeeld op die internet sien hoeveel “digterlike vryheid” Afrikaanse skrywers gebruik wanneer dit by spelling kom, is dit nogal ‘n riem onder die hart om te sien dat die meeste Afrikaanse koerante nog baie streng met spelling en taalgebruik is.

Om dan die koerant te ontsier met meesterstukke soos dié wat van “professionele” instansies verkry is wat dit self ontwerp en opgestel het, is ‘n ramp, en ‘n lunsriem dwarsdeur die hart.

Ai, jare gelede het ‘n Engelssprekende kollega van Pa-Jan gesukkel om ‘n vaste aanstelling te kry, want elke jaar pluk hy die verpligte Afrikaanse taalvaardigheidseksamen.

Op ‘n dag kom hy weer moedeloos terug. Nee, hy meen hy het beslis weer gedop want “what do I know about the stomach of a horse.” Hy moes oor dié onderwerp ‘n opstel in Afrikaans skryf. Pa-Jan gaan kyk self wat staan op die vraestel. Die onderwerp waaroor hy moes skryf was: “Die mag van die pers.”

Nou ja, Herrie hoop van harte dat Afrikaanse pers genoeg mag sal hê om rug styf te kan maak teen die ontvang van sulke prulwerk.

Iewers gaan die “professionele” agentskappe darem ‘n kundige Afrikaanssprekende kry wat sal weet hoe on Afrikaans reg te timmer, al kom die Engels, dikwels ook maar beroerd, van water department se skakelaffêre af.

free no deposit bonus rouletteпрокурор Фильчаков