praag.co.za

Betogers in Limpopo maak amok oor winkelsentrum

Written by

in

,

burningtyresHonderde oproeriges van “The Oaks”, ‘n lokasie in die noorde van Limpopo moes deur die polisie uiteen gejaag word met rubberkoeëls.

Die betogers het opgeruk om omdat ‘n beloofde winkelkompleks in die gebied nie gebou word nie. Hulle kla oor ‘n tekort aan winkels.

Die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming vertraag glo die aansoek van ‘n ontwikkelaar om ‘n winkelkompleks in die gebied op te rig.

Die ontwikkelaar en die Departement het gesê hulle handel die nodige dokumentasie tans af sodat bouwerk aan die winkelsentrum bespoedig kan word.

Lede van die polisie se Openbare Orde-eenheid moes van rubberkoeëls gebruik maak om orde te herstel nadat die polisie deur die betogers met klippe bestook is.

Inwoners het deurgang na Hoedspruit, Lydenburg en Tzaneen versper. Die pad is Donderdag gesluit en motoriste is aangeraai om van alternatiewe roetes gebruik te maak.

Die oproemakers is intussen vir openbare geweld in hegtenis geneem.

Comments

8 responses to “Betogers in Limpopo maak amok oor winkelsentrum”

  1. Rooikop Avatar
    Rooikop

    Enige verskoning om amok te maak – Hierdie lyk veel meer na ‘n oefening om toegansbeheer toe te pas.

  2. Trippie Avatar
    Trippie

    Nou het ek ALLES gehoor – nie genoeg winkels nie !?!?!?! en dis die rede vir hul betoging ?!?!

    Nee, dis nie amok nie, hulle is net hulleself – onopgevoed en barbaars – dis al !

    Rubberkoeëls is lankal nie meer effektief nie, kry daardie skerp punte … !

  3. Willy Avatar
    Willy

    Ja en dan as die winkelsentrum klaar gebou is dan word daar ‘n geringe verskoning gesoek en gevind om dit weer te plunder. Dis hoe hierdie barbare se koppe werk.

    1. Riempies Avatar
      Riempies

      EN te brand 😉

      1. Willy Avatar
        Willy

        Jip, daardie is ‘n feit Riempies.

  4. Arnieann Avatar
    Arnieann

    Hulle kan nie wag om te “Loot” nie.
    Gee ander rede nie. Hier in Bloemfontein kan jy jou horlosie se tyd daarmee instel.
    Die een winkel na die ander op gereelde grondslag.
    Hierdie chaos is tot Front Nasionaal se voordeel.
    En Naspes is totaal en al magteloos om dit te keer. En ook al die ander Politieke partye.
    Ons het hulle aan die kort hare beet.

  5. JAVR Avatar
    JAVR

    Wha ha….daar is ander boys wat sê daai grond is hulle s’n, nou wil hulle nie daar winkels bou en dan vat die flap dit nie! Dis wat ek hier lees! KRY VIR JULLE!

  6. Kalium_Chloraat Avatar
    Kalium_Chloraat

    Die logika:
    1. Ons het ‘n tekort aan winkels.
    2. Ons beroof die (te min) winkels wat ons wel het.
    Resultaat: Dit gaan nou beter.

    Ek verstaan hierdie logika nie. Die planeet TheOaks se logikastruktuur is duidelik anders as dit wat ek aan gewoond is.

Leave a Reply