Ronnie Kasrils weet nie of hy ANC moet stem nie

Ronnie en sy Moslemvrou
Ronnie en sy Moslemvrou op hul troudag

Die voormalige minister van intelligensie Ronnie Kasrils weet nog nie of hy onomwonde sy stem vir die ANC gaan uitbring nie.

“Ek was ‘n persoon wat so betrokke was by die mobilisering vir ANC-stemme,” het hy glo aan die Mail&Guardian gesê.

“Ek moet erken dat ek nie vandag dit kan doen nie…”

Kasrils sê hy het nooit gedink dat hy op ‘n punt sou kom waar hy nie weet wat om aan ander voor te skryf nie.

“Die ANC het 20 jaar gehad om homself te bewys as hulle hul[self] nie bewys het nie, dan sê ek: Luister na jou kop en jou hart.”

Kasrils het gesê dit is nie ‘n goeie idee om bedorwe stembriewe uit te bring nie.

Die OVK het in die vorige verkiesing meer bedorwe stembriewe getel as wat die VF+ stemme getrek het.

“Ek het aan mense gesê… dit is nie goed om na ‘n stembus te gaan en net alles dood te trek nie.

“As jy so iets wil doen, as ‘n groep, reik ‘n verklaring uit oor waarom jy voel dat jy nie op hierdie spesifieke tydstip kan stem nie.”

53 thoughts on “Ronnie Kasrils weet nie of hy ANC moet stem nie”

          1. Ja… maak nie saak watter een jy kies nie – hy het ‘n handjie(s) – wat ‘n sitvlak ‘n geniepsige knyp kan toedien… 😉

          1. Haai weet jy…! Mens krap nie in jou gasheer se kaste rond nie!

            Woodstock se voet en ‘n visblik! 😉

      1. Het baie gepeins oor jou vraag Trippie…

        Die nag is stil… Vrede loop geruisloos, glimlaggend deur die gange van my hart…

        My antwoord aan jou?

        Ek praat met die edel, stil, sagmoedige Hart… – agter die spitsvondige, skugter? Regter wat ons hier leer ken het Trippie…

          1. Goeie more Trippie en almal by Praag!

            Baie waar – jy dit werklik pragtig verwoord en onderskeidend opgesom!

            Toe ek die woord Regter met ‘n Hoofletter getik het, het dit ook onwillekeurig opgekom Trippie. Die enigste rede vir my hoofletter, is omdat ek die forum naam as ‘n gewone “voornaam” beskou.

            Seën en ‘n mooi naweek aan jou en – almal hier. 🙂

      1. Dankie Regter.

        Op ‘n selfondersoekende noot… Mens kan (en sê!) maklik iets op die ingewing van die oomblik skryf en, later verleë jou woorde sluk… Wat ek wel hoog op prys stel van die Praag-span is – om op ‘n amper ongemerkte, (soms galante!) manier die “onkruid” in ons skrywes te verwyder.

        Mag elkeen van ons wat op Praag skyf ‘n positiewe saadjie saai… – hetsy deur insig, wysheid, inspirasie, ‘n bemoedigende woord en, humor, raad, bede, begrip – om mekaar te dra – te verdra. En, wat ons hier put, uit te dra – en nie uit te put nie…

        ‘n Aangename naweek en BAIE DANKIES vir u-almal se harde werk agter die dun, wassige, woord-gevulde glasgordyne – van ons rekenaarskerms.

          1. Vir die agterlike tweegat-jakkalse wat wonder Waarom Dolk hier na “Guest” verander het – Ek het my DISQUS rekening gedurende Fev.-Mrt? tydelik gedeaktiveer, onwetend dat hulle daarmee my “Dolk” naam na “Guest” toe sal verander.

            Ek het DISQUS gekontak – want daar was geen waarskuwing dat mens se naam verander sal word nie. Hard lines! Dis dit.

          1. Ek dink jy het klaar ‘n ongesproke taak gekry om FN se paal plakate te ontwerp.
            Laat waai met daardie talente. En waar is daardie T-Hemp idees???????

          2. Jy was ook genomineer laas toe ek gelees het?
            Ok, ek sal n paar idees maak en dank kan julle kies en inslag gee…

          1. Arnie, ek is mos jou ster mansmens !
            Hier is vir jou ‘n opregte, egter BOERE DRUKKIE – XXX

  1. One of many basic ‘constants’ of anthropology remains the opposing tendencies of centralizing conformity and of dis-unifying social fracturing. Within a society, there is a constant pressure to conform in thought, behaviour and submission to authority, which is constantly being undermined by dissatisfaction, fresh thinking and new opportunities to deviate. Once you are aware of this reality, you can work to divide and conquer your enemies, and work to neutralize those who are seeking to do the same within your own camp.

  2. Hierdie is n beroep op alle ernstige Praagers en FN ondersteuners!

    Die afgelope week is ons verwikkel in n kwaai stryd met mense wat nie in die verkiesing wil deelneem nie. Nou alhoewel dit elke persoon se vrye keuse is om aan die verkiesing deel te neem, of nie, is dit nou nodig dat ons n gesamentlike poging aanwend om die mites rondom FN
    se deelname aan die verkiesing uit die weg ruim.

    Persoonlik vra ek net
    dat ons dit met liefde doen en onthou asb. dat hierdie mense ons mense is….

    Volg asb hierdie skakel en voeg jou stem by:

    http://www.dievryburger.co.za/2014/03/front-nasionaal-registreer/#comment-14523

Maak 'n opvolg-bydrae