praag.co.za

Beginsellose verkiesing?

Julie Kilian
Julie Kilian

Herman Toerien vra in sy nuuskommentaar of Suid-Afrikaners dalk vanjaar sonder enige beginsels kieslokaal toe sal gaan nalv die opportunistiese oorlopery van Cope en DA LP’s na die ANC.

In sy hoofartikel looi Volksblad nie net die optrede van die vier oorlopers nie, maar ook die lamlendige verskonings of verduidelikings wat die viertal aangebied het. “Dit druip van beginselloosheid”, skryf ‘n verontwaardige Toerien.

En beginsels is tog veronderstel om die hoofrede te wees oor waar kiesers hul kruisies gaan trek. Kan ‘n party se beleid sonder beginsels hoegenaamd ‘n beleid genoem word?

Dit sou ‘n heel ander kwessie gewees het as die vier, toe hulle agtergekom het hulle het beginselprobleme met die beleid van hul party, uit daardie partye bedank het (en hul setels prysgegee het) en by ‘n party in ooreenstemming met hul beginsels gaan aansluit het tot hulle die kandidaatlyste op die gebruiklike manier kon haal.

Die kiesers gaan ‘n breë keuse hê wanneer hulle in die algemene verkiesing hul kruisies gaan trek. Sommige kiesers sal noodwendig op die nasionale en provinsiale lyste vir twee verskillende partye moet stem omdat sommige partye nie in al die provinsies kandidate stel nie.Van die bekendste grotes (in die Suid-Afrikaanse konteks) se name sal weer op die stembrief voorkom. Hulle sluit die ANC, die DA, Cope, IVP, die UDM, Vryheidsfront Plus, die PAC, Minority Front en nog ‘n paar kleineres in.

Van die nuwe toetreders het verskeie reeds die oog gevang, hoewel nie almal vir die regte redes nie. Onder die bekendste nuwelinge is Julius Malema se EFF waarskynlik die party wat die beste gaan vaar, Agang SA, en die NFP wat hoofsaaklik uit die IVP ontstaan het, en duidelik baie steun afgerokkel het.

Nog ‘n nuwe toetreder, wat volgens sy Facebook-blad vir die verkiesing geregistreer het, is die Front Nasionaal. Die bekendste leiersfiguur hiervan is dr. Dan Roodt. Dit sal interessant wees om te sien of hierdie party – wat uit verskillende belangegroepe saamgestel is, beduidende steun sal kan trek van mense wat voorheen geweier het om aan verkiesings deel te neem.

Die bekende Peter Marias het self hard probeer om bruin, Koi- en San-groepe as ‘n beduidende politieke mag vir die verkiesing saam te snoer, maar dit het geblyk dat ‘n veewagter dit makliker sou vind om ‘n trop wilde tarentale in ‘n hoenderhok ingekeer te kry. Daardie verwikkelinge kan egter die bruin steun vir die DA – weens die DA se skynbare louheid oor die Solidariteit-DKD-saak – in ‘n mindere of meerdere mate knou. Daar is ‘n groot onrustigheid oor die groeiende Manyiïsme in nuwe wetgewing wat niks goeds vir die bruin gemeenskappe inhou nie.

Tussenverkiesingsuitslae het daarop gedui dat die UCDP – die party van wyle Lucas Mangope, waarskynlik sy deposito in die water gaan gooi.Vir die groter partye gaan die verkiesing ‘n groot toets wees. Peilings dui daarop dat die ANC se steun aansienlik gekrimp het, maar dit is nog te vroeg om veel hieruit wys te word omdat die ANC bekend is vir ‘n sterk eindpoging.

Die DA het sy eie kwota drama beleef. Dit kom op die oog af voor asof die party nou die kantelpunt bereik het waar dit in sy poging om veral swart lede te werf, minstens ‘n ongemak onder sy gevestigde lede loslaat. Berigte oor die bestaan van ‘n swart koukus wat sekere beleidsaanpassings opeis wat van die party ‘n ANC Lite maak, word ontken.

Cope is deur diep water, en dit is onseker of die party nou die probleme genoegsaam sou oorkom het om weer as ‘n betreklike sterk party na die parlement en ‘n aantal provinsiale wetgewers terug te keer.Die UDM kan dalk weens etniese wortels in die Oos-Kaap effens baat uit die Marikna-tragedie, maar dit lyk of die EFF die aanvanklike tekens van steun taamlik deeglik opgeruim het. Die impak van die aansluit van Cope se Shilowa-faksie kan dalk ‘n paar stemme beteken.

Die IVP se leier, Mangasothu Buthelezi, het waarskynlik sy rakleeftyd heeltemal te ver probeer rek, en een van die neweprodukte hiervan, die NFP, lyk of dit die IVP – wat in elk geval in KwaZulu-Natal na die ANC gebloei het, ‘n harde hou kan toedien.

Die ACDP sal dit waarskynlik baie moeilik vind om die vlakke wat dit ‘n dekade gelede geniet het voor dit erg teruggesak het te herhaal. Die grootste probleem is moontlik die verstommende lang lys van sterk persoonlikhede wat die leier, eerw. Kenneth Meshoe, sedert die party se ontstaan uit die party gewerk het. Iewers sou die party die prys hiervoor betaal.

Die Vryheidsfront Plus sal goed doen as hard probeer die enigste maatstaf was. Die party is veral in die sosiale media deurlopend onder skoot weens dr. Pieter Mulder se besluit om as adjunk-minister te dien, en gaan nou ook ‘n aanslag van die Front Nasionaal die hoof moet bied.

Dit is jammer dat oorloper-politici nou die beeld van politici gaan besoedel het.

Comments

29 responses to “Beginsellose verkiesing?”

  1. Trippie Avatar
    Trippie

    Daar is SLEGS EEN party om voor te stem, ‘n beginselvaste party – STEM FRONT NASIONAAL … vir ONS mense.

  2. Götterdammerung Avatar
    Götterdammerung

    Beginsels – dit is waaroor dit gaan. Niks meer en niks minder. Om saam met Showa elke Dinsdagmiddag om die praathuis tafel te sit en scones te peusel en tee te drink is nie ‘n beginsel nie. Dit is om agter jou eie bas te kyk en te sorg dat jou nessie geveer bly. Dit is lankal reeds bekend aan enige denkende persoon dat die ANCLite se beginsels verander soos die wind waai – die onlangse geflik-flak oor belangrike kwessies was maar net die manifestering van wat “regses” al lankal sê.

    Ek persoonlik is al lankel van die opinie dat beroepspolitici die beginselvastheid van ‘n Bree straat prostituut het – dit gaan oor geld vir hulle. Die stemvee wat hulle oëverblindery volg word by die eerste moontlike stasie afgelaai met ‘n lee belofte.

    FN het geen beroepspolitici in hulle geledere nie – van die mense vir die mense. Mos heel eenvoudig om ‘n besluit te maak op die rug hiervan is dit nie?

    1. Rooikop Avatar
      Rooikop

      Jou metafoor van prostituut is so waar.

      1. Götterdammerung Avatar
        Götterdammerung

        Ten minste is ‘n prostituut eerlik en openlik oor wat sy doen – dieselfde kan nie vir beroepspolitici gesê word nie

        1. Rooikop Avatar
          Rooikop

          So waar.

        2. Riempies Avatar
          Riempies

          Gotterdammerung vergewe die engels maar ek moes – “This is now calling an spade a spade”

  3. Trippie Avatar
    Trippie

    “Die bekende Peter Marias het self hard probeer om bruin, Koi- en San-groepe as ‘n beduidende politieke mag vir die verkiesing saam te snoer, maar dit het geblyk dat ‘n veewagter dit makliker sou vind om ‘n trop wilde tarentale in ‘n hoenderhok ingekeer te kry.”

    UITSTEKEND !

  4. Willy Avatar
    Willy

    Net hierdie verkiesing beginselloos? Hallo Toerien! Gelukkig het jy dit ingesien al vat dit ‘n paar verkiesings later.

  5. Arnieann Avatar
    Arnieann

    Hierdie oorlopers doen dit nie uit beginsel nie.
    Die ANC het hulle gekoop. Geld vir verkiesings in hulle geval is nie ‘n probleem nie.
    Dit was ook waarom ek die vraag destyds geva het: Wat het die ANC Mulder betaal vir sy “aansluiting”

  6. Götterdammerung Avatar
    Götterdammerung

    You can see it on the IEC website (if they have uploaded it)

  7. Dolk Avatar
    Dolk

    Goeie nuus… Daar is DV planne (definitiewe!) om ‘n slegs blanke kleuterskool oop te maak – binne maande van nou af… 🙂 Nie hoor-sê nie – uit die perd se bek uit. (Suid Kaap)

    NS Wat doen die grootbekke in die buiteland – wat ons vertel ons sit op ons hande en vergaan?! Wat ons doen is op die stadium soos olie naby vuur… Maar ons is gereed… 😉

  8. Dolk Avatar
    Dolk

    ‘n Belaglike poging vir ‘n nuwe anglisisme of, bloot ‘n verkeerd gespelde woord.

  9. Arnieann Avatar
    Arnieann

    Seker die teenoorgestelde van “NotsoManyiïsme”.

    1. Willy Avatar
      Willy

      Jaa Arnie. Dis net jy daai. Lekker lag ek nou. ;~)}

  10. Riempies Avatar
    Riempies

    Dit beteken Manyi-beleid/manier van doen/oortuigings

    1. Dolk Avatar
      Dolk

      Verwysings asb.? Dankies.:-)

      PS”Jimmy Manyi????”

  11. Dolk Avatar
    Dolk

    Goed…, take two:

    Ek het ook eers gedink dis ‘n “isme” – en kon net mooi niks vind nie – die “woord” was op slegs 3 van biljoene internetblaaie! http://www.praag.co.za was een van die drie!

    “Manyiïsme”… – ‘n “isme”?! Somer net so? Ek beskou dit as belaglik dat die begrip “isme” (-ism) so maklik en los by ‘n onbenullige paar sienings – iemand se van gevoeg word.

    Is dit nou die nuwe Afrika se nuutste cliche, m.a.w.- narsistiese banaliteit-isme?

    1. Willy Avatar
      Willy

      Die woord en die betekenis van “Manyiïsme” begin baie ingewikkeld maar ook baie interessant te raak soos die inhuis navorsing vorder.

      1. Dolk Avatar
        Dolk

        Glad nie… Ek eet nie alles vir soetkoek op wat ek lees nie… Veral nie die gebulk van ondeurdagte, barbaarse Afrikanisme en hul konstante geheul – om bo hul grensende aan bobbejaanisme uit te styg… – en dit dan ‘n doktrine te noem?!

        1. Willy Avatar
          Willy

          Ek dink ons mis mekaar op hierdie onderwerp.

          1. Dolk Avatar
            Dolk

            Dis eintlik maar gerig op die skrywers van die artikels…

          2. Willy Avatar
            Willy

            Dankie.

    2. Riempies Avatar
      Riempies

      Dolk goeiemiddag – Dink bv. aan Darwinisme – dit beteken tog dat iemand iemand anders se oortuigings/teorie sy eie maak en dit uitleef.

      1. Dolk Avatar
        Dolk

        Goeie middag ook – glo dit gaan goed met u-almal.

        LOL! ek weet nie of ek verbaas moet wees of glimlag nie. 😉 (Mooi bedoel!)

        Dit is my hele punt! Ek weet PRESIES wat ‘n “isme” is! :-)))

        1. Leana Avatar
          Leana

          Dolk daar is “isme” asook “iste” 🙂

          1. Dolk Avatar
            Dolk

            Terrorisme en terroriste ja… 😉
            Selfs toeriste…;-)

      2. Dolk Avatar
        Dolk

        My hele punt is om te onderskei… Goud versus Klatergoud… Anyway… 😉

        1. Riempies Avatar
          Riempies

          Konteks?

          1. Dolk Avatar
            Dolk

            Eienskappe…

Leave a Reply