Cosas-betogers vas na plundertog

Die polisie het ‘n aantal skoolkinders in hegtenis geneem wat op ‘n plundertog in Pretoria gegaan het, het RSG berig.

Die plunderaars het aan ‘n onwettige optog van die organisasie, Cosas na die Departement van Basiese Onderwys se kantore deelgeneem.

‘n Groep het blykbaar van die roete afgewyk en begin plunder. E

en winkeleienaar sê die kinders het sy winkelvenster gebreek toe hy hulle uitgesluit het.

Hulle het hom ook na bewering met bakstene gegooi.

Twintigduisend, ook laerskoolkinders swanger in 2014

Die ANC se kindertoelaes vernietig onderwys, sê kenners, omdat skoolkinders deur die maandelikse uitkerings gelok word om kinders te baar.

Meer as 20 000 leerlinge het verlede jaar swanger geraak. Dit is nie bekend hoeveel wit kinders swanger geraak het nie.

Volgens die departement van basiese onderwys was 223 van dié leerlinge nog in laerskole.

Die hoogste aantal swangerskappe was in Gauteng waar 5000 leerders swanger geraak het, gevolg deur die Oos-Kaap met 3000.

Die Seme hoërskool in Mpumalanga het die meeste swangerskappe gehad met 77 leerlinge wat swanger geraak het.

Die KT Twala-laerskool in Mpumalanga het 13 swangerskappe gehad – die hoogste getal onder laerskole in die land.

ANC-lyfwagte skiet glo op ongewapende skoolkinders in Bekkersdal

Vorige onluste op Bekkersdal op 15 Oktober 2013
Vorige onluste op Bekkersdal op 15 Oktober 2013

Die ANC se verkiesingsveldtog is gister in Bekkersdal ondermyn toe jong swartes die party se beplande koukusvergadering ontwrig het.

Volgens ‘n verklaring deur die ANC in Gauteng se hoofsweep Brian Hlongwa uitgereik is, is gister se koukusvergadering op Bekkersdal ontwrig. Die party meen dat daar nie “verbode plekke in ‘n demokratiese samelewing mag wees nie”.

“Dit is onaanvaar dat skoolgaande kinders gepla moet word soos vandag gebeur het en dat wettige openbare verteenwoordigers verhoed word om hul werk te doen,” sê Hlongwa.

“Die probleme in Bekkersdal moet vinnig opgelos word, tesame met alle belanghebbendes anders gaan anargie die demokratiese proses in daardie lokasie laat ontspoor.”

Hy het egter erken dat daar twee groot probleme bestaan wat deur die gemeenskap verwoord is.

Die eerste is die verwydering van die burgemeester en die raad, wat grondwetlike kwessies is wat deur middel van meganismes in dié dokument geskied, terwyl die tweede gaan oor die korrupsiebewerings.

“In dié opsig glo ons dat die Gauteng-regering tesame met die Groter Westonaria-bekommerde-inwonersvereniging ooreengekom het oor hoe om die kwessies met die betrokkenheid van die betrokke staatsondersoekinstellings aan te spreek,” sê Hlongwa.

“Dus is daar duidelik verbintenisse en ‘n program om die uitdagings die hoof te bied, ten minste aan regeringskant, maar ek dink dat ons koukus moet sorg dat dié prosesse bespoedig word.”

Die Ekonomiese Vryheidsvegters sê die Gautengse premier Nomvula Mokonyane en ander ANC-lede het Bekkersdal toe gegaan om HOP-huise aan die gemeenskap te oorhandig.

“Die premier Nomvula Mokonyane en haar span het gekom om die HOP-huise te oorhandig en toe hulle sien dat die gemeenskap nie belangstel nie en haar verwerp, het hulle hulself vir verkiesingsdoeleindes aan Bekkersdal opgedring,” sê die EFF-koördineerder Omphile Maotwe in ‘n verklaring.

“Ons is onsteld om te verneem dat die polisie díe jong skoolkinders daarvan beskuldig dat hulle klippe na ongemerkte voertuie gegooi het, en rubberkoeéls op hulle hulle gevuur het om hulle uiteen te jaag.”

Die leier van die Bekommerde inwoners van Bekkersdal, Thabang Wesi, meen dat die inwoners verbaas was om lyfwagte met vuurwapens in die lokasie op te merk.

Volgens hom het die lyfwagte op ongewapende mense, hoofsaaklik skoolkinders, gevuur.

“Die inwoners het daarna terugbaklei. Die situasie was baie gespanne,” sê hy.

Wesi sê hulle gaan niemand keer om in die komende verkiesing op 7 Mei te stem nie. Hy het egter ‘n beroep op inwoners gedoen om slim te stem.

“As mense wil stem, laat hulle stem, maar hulle moet die regerende party uitstem. Ons kan sien hoe arrogant die ANC is en dat hulle geweld gebruik om ons te dwing om vir hulle te stem,” sê hy.

Wesi het insgelyks beswaar gemaak teen die ANC se optrede deur die lokasie sonder vooraf raadpleging te besoek. Volgens hom het ander partye die gebied sonder steurnisse of konflik besoek.

Maotwe het gesê dat Mokonyane behoort te aanvaar dat die gemeenskap van Bekkersdal haar en haar leierskap verwerp het.

“Hierdie is dieselfde mense waaroor sy gesê het dat sy nie hul vuil stemme wil hê nie.”

Swart leerling steek maat dood

knife2ʼn Gr.10-leerling is van moord aangekla nadat hy by ʼn skool in Bosbokrand in Mpumalanga ʼn gr.9-leerling glo met ʼn mes doodgesteek het .

Volgens die polisie se woordvoerder, brig. Selvy Mohlala, was die twee swartes Maandag na bewering in ʼn argument betrokke.

Die gr.10-leerling het toe na bewering tydens die pouse na die gr.9-leerling gestap en hom met ʼn mes aangeval. Hy het daarna op die vlug geslaan.

Die verdagte het hom later aan die polisie oorgegee.

Hy sal na verwagting Donderdag in die Acornhoek-landdroshof verskyn.

Skoolkinders gedwing om aan oproer deel te neem

bekkersdalSkoolkinders is glo Woensdag uit hul klaskamers gejaag en gedwing om by ’n oproer oor dienslewering in Bekkersdal, naby Westonaria, aan te sluit.

Konst. Thembi Masango, polisiewoordvoerder, het gesê die betogers het die polisiekantoor en die kliniek met klippe bestook.

“Die polisie het rubberkoeëls gebruik om hulle uiteen te jaag.”

Verskeie mense is in hegtenis geneem weens openbare geweld. 

Altesaam 35 mense is Dinsdag in hegtenis geneem nadat drie polisievoertuie en ’n voertuig van die rampbestuursentrum in die betoging beskadig is.

Masango het gesê ’n petrolbom is ook na die polisiekantoor geslinger.

’n Sterk polisieteenwoordigheid is Woensdagmiddag in die gebied ontplooi. – Sapa