ʼn Gr.10-leerling is van moord aangekla nadat hy by ʼn skool in Bosbokrand in Mpumalanga ʼn gr.9-leerling glo met ʼn mes doodgesteek het .
Volgens die polisie se woordvoerder, brig. Selvy Mohlala, was die twee swartes Maandag na bewering in ʼn argument betrokke.
Die gr.10-leerling het toe na bewering tydens die pouse na die gr.9-leerling gestap en hom met ʼn mes aangeval. Hy het daarna op die vlug geslaan.
Die verdagte het hom later aan die polisie oorgegee.
Hy sal na verwagting Donderdag in die Acornhoek-landdroshof verskyn.
