Nog verkiesingsgeweld in Lichtenburg, Zeerust, Bosbokrand

tyres2Bykomende polisielede is by Lichtenburg in Noordwes ontplooi waar woedende inwoners in die jongste verkiesingsgeweld Bodibe se paaie na die gebied met brandende bande en boomstompe afgesper het.

Dit volg na gewelddadige betogings by Bloemhof en Zeerust in die provinsie uitgebreek het.

Op Bloemhof is geboue aan die brand gesteek en die N12 is onbegaanbaar gemaak met rotse en brandende voorwerpe.

Op Zeerust het oproeriges paaie versper en dreig om die N4 tussen Suid-Afrika en Botswana onbegaanbaar te maak.

Skole is ook ontwig toe leerlinge deur oproeriges uit klaskamers gedwing is.

Oproeriges kla oor gebrekkige dienslewering en werkloosheid. Hulle eis dat die burgemeester, Lesego Holele hul griewe in ontvangs neem.

In Mpumalanga is duisende inwoners van nege woongebiede wat onder die Bosbokrand Plaaslike Munisipaliteit val, by Lillydalekruising saamgetrek.

Ontstoke inwoners wil na die munisipale kantore opruk om `n versoekskrif te oorhandig. Hulle eis beter paaie en beter waterkwaliteit.

Inwoners sê hul het nie toegang tot skoon water nie. Die polisie monitor tans die gebied.

Swart leerling steek maat dood

knife2ʼn Gr.10-leerling is van moord aangekla nadat hy by ʼn skool in Bosbokrand in Mpumalanga ʼn gr.9-leerling glo met ʼn mes doodgesteek het .

Volgens die polisie se woordvoerder, brig. Selvy Mohlala, was die twee swartes Maandag na bewering in ʼn argument betrokke.

Die gr.10-leerling het toe na bewering tydens die pouse na die gr.9-leerling gestap en hom met ʼn mes aangeval. Hy het daarna op die vlug geslaan.

Die verdagte het hom later aan die polisie oorgegee.

Hy sal na verwagting Donderdag in die Acornhoek-landdroshof verskyn.