Suid-Afrika is ‘n donker organisasie

deur Johann Theron Donker organisasies is blykbaar ‘n onbekende begrip in SA wat verduideliking vereis omdat mens dit kan verwar met terme soos “donker Afrika” – wat toevallig nie die geval is nie. Inderwaarheid is inligting hieroor beskikbaar in skrywes, onder andere van die psigo-analitiese antropoloog, prof. Howard F Stein: Nothing Personal , Just Business

Lees verder: Suid-Afrika is ‘n donker organisasie

Italiaanse wynboer geboikot weens rassistiese tirade teen swart minister

‘n Bekroonde Italiaanse wynboer word deur die sektor geboikot ná ‘n vreemde rassistiese uitbarsting op Facebook teen Italië se eerste swart regeringsminister. Fulvia Bressan het die internet gebruik om teen die minister van integrasie, Cecile Kyenge, ‘n Italiaanse burger wat in die Demokratiese Republiek van die Kongo gebore is, uit te vaar. Bressan het die

Lees verder: Italiaanse wynboer geboikot weens rassistiese tirade teen swart minister

Voorsitter van gemeenskapspolisieforum vermoor

Die voorsitter van Azaadville se gemeenskapspolisieforum, wes van Johannesburg, is doodgeskiet, het die polisie van Kagiso gesê. “Gister (Woensdag) is die voorsitter van die Azaadville-gemeenskapspolisieforum teen omtrent 1 namiddag tydens ‘n sakeroof by sy winkel in Chamdor naas Kagiso beroof en geskiet,” het adjudantoffisier Solomon Sibiya in ‘n verklaring gesê. Sibya het die man as Ishmail

Lees verder: Voorsitter van gemeenskapspolisieforum vermoor

17 swart verkragters, waaronder 88-jarige, gevonnis

Sewentien swart mans is in die Oos-Kaap tronk toe gestuur vir seksuele oortredings, het die polisie Donderdag laat weet. Die vonnisse is almal verlede week opgelê, het die polisiewoordvoerder Thulani Mbambala in ‘n verklaring gesê. Een van die misdadigers, die 88-jarige Ntakopo Desi van Lusikisiki, het 10 jaar tronkstraf vir die verkragting van ‘n 72-jarige

Lees verder: 17 swart verkragters, waaronder 88-jarige, gevonnis

E-tol op pad na Zuma wet onderteken

President Jacob Zuma het die Vervoerwette en verwante aangeleenthede-wysigingswet onderteken – wat die weg berei vir die e-tolstelsel, het die presidensie Woensdag gesê. “Die president… het, luidens artikel 84(2) van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996, die Vervoerwette en verwante aangeleenthede-wysigingswet onderteken,” het die woordvoerder Mac Maharaj gesê. “Die uitwerking van die wet sal

Lees verder: E-tol op pad na Zuma wet onderteken

Wit metropolisiebaas van rassisme, korrupsie beskuldig

‘n Senior lid van Johannesburg se metropolisie en sy departement word aangekla van rassisme en korrupsie. The Star het Woensdag berig dat drie polisiebeamptes beweer dat hoof-superintendent Mike Smith hulle onregmatig uit hul poste ontslaan het. Lesiba Kganyago het aan The Star gesê hy is afgedank nadat hy ‘n kollega in gewone drag per ongeluk

Lees verder: Wit metropolisiebaas van rassisme, korrupsie beskuldig

Nuwe eiland gevorm na aardbewing in Pakistan

Die dodetal ná ‘n kragtige aardbewing in Pakistan, het Woensdag tot 327 gestyg nadat honderde modderhuise in die slag gebly het.  Die weermag het talle soldate per helikopter na die yl bevolkte Awaran in Baluchistan geneem. Dit is die ergste aardbewing sedert 2005 toe sowat 75 000 mense in die noorde van die land omgekom

Lees verder: Nuwe eiland gevorm na aardbewing in Pakistan

Atleet met vals penis betrap

Die Italiaanse atleet Devis Licciardi staar skorsing van twee jaar in die gesig nadat hy met ‘n vals penis tydens ‘n toets vir opkikkers betrap is. Die 27-jarige is Saterdag by die Italiaanse kampioenskappe in Molfetta met dié kunsmatige orgaan gevang. Licciardi is kort na die 10-km padwedloop tydens ‘n uriene-toets betrap. Licciardi het vir

Lees verder: Atleet met vals penis betrap

Vrou verskyn ivm lyk in kattebak

‘n 24-jarige vrou het Woensdagmiddag in die Randburg-landdroshof verskyn nadat die ontbinde lyk van ‘n man in ‘n motor se kattebak by Montecasino ontdek is. Die saak teen Maruschka Robinson is uitgestel en sy verskyn weer vroeg in Oktober in die hof om ‘n borgtogaansoek te bring. Volgens die aanklaer in die saak word Robinson

Lees verder: Vrou verskyn ivm lyk in kattebak

Genadedood styg skerp in Nederland

Die aantal Nederlanders wat genadedood vra, het meer as verdubbel in die 10 jaar sedert wetgewing verander het. Die aantal het met 13 persent verlede jaar tot 4188 gestyg. Genadedood of geassisteerde selfmoord, waar ‘n dokter teenwoordig is, word gewoonlik deur ‘n sterk barbituraatdoepa geïnduseer, en is sedert 2002 wettig in Nederland. Versoeke het geleidelik

Lees verder: Genadedood styg skerp in Nederland