Sewentien swart mans is in die Oos-Kaap tronk toe gestuur vir seksuele oortredings, het die polisie Donderdag laat weet.
Die vonnisse is almal verlede week opgelê, het die polisiewoordvoerder Thulani Mbambala in ‘n verklaring gesê.
Een van die misdadigers, die 88-jarige Ntakopo Desi van Lusikisiki, het 10 jaar tronkstraf vir die verkragting van ‘n 72-jarige vrou ontvang.
Die verdagtes is tussen 17 en 88 jaar oud. In ‘n ander saak is die 48-jarige Mbulelo Ntapo van Butterworth gevangenisstraf van 10 jaar vir die verkragting van ‘n 13-jarige meisie opgelê.
Lungilo Ndululo, 37, van Grahamstad is tot 10 jaar tronkstraf vir die verkragting van ‘n 42-jarige vrou gevonnis. – Sapa
