
Die Italiaanse atleet Devis Licciardi staar skorsing van twee jaar in die gesig nadat hy met ‘n vals penis tydens ‘n toets vir opkikkers betrap is.
Die 27-jarige is Saterdag by die Italiaanse kampioenskappe in Molfetta met dié kunsmatige orgaan gevang.
Licciardi is kort na die 10-km padwedloop tydens ‘n uriene-toets betrap.
Licciardi het vir die toetsbeampte gesê dat hy alleen wou wees tydens die toets maar die beampte het gesê hy moet by wees, want die regulasies stipuleer spesifiek dat die toets in die teenwoordigheid van ‘n beampte gedoen moet word.
Die vals orgaan, volgemaak met skoon uriene, is gekonfiskeer vir verdere ondersoek.
Die atleet het dit in sy onderklere verberg. – Sapa/AFP

Hy moes dit geweet het dat die beamptes hom sou uitvang want dis ‘n algemene gebruik met ‘n kondoom vasgemaak aan die lyf wat dien as die blaas met iemand anders se uriene.
Verskoning, ek kan nie help om te lag – wou se daai broekie lyk ietwat beknop !
Ja Trippie… En jy het gedink die manne wat so draf is goed bedeel…hulle almal het ‘n spaar “tool”..want die regte Mnr werk ooknie meer van al die opkikkers nie..
Hehe – Andre, lekker om jou hier raak te loop – WELKOM !
Ja, dis waar, onthou net “die vere makie die voël nie” !
Trippie ek sien hy ondersteun die anti-renosterstropery. Sien hy hardloop met ‘n horing rond.
Jy dit ook gesien ? Wou mos sê iets lyk verdag he he !
Sou dit nie snaaks gewees het as die dingetjie uitgeval het nie!!!!
Voor sy voete dan sal dit lyk of hy hekkies hardloop as ek sy atletiekbroekie so bekyk.
hy sou hom moes dribbel tot by die wenstreep….lol
Haha goeie een Naal. Ek giggel lekker.
Wonder hoeveel omstanders sal gryp en baklei oor dit voordat hy die eindstreep bereik.
Hekkies hardloop met 3 bene!
Lyk of hy met krukke hardloop. Ek wonder of dit oprolbaar is haha.
Hierdie is meer kompleks as enige Armstrong netwerk.
Een persoon moes `n penis gaan koop.
`n Anner moes piepie skenk en
`n moontlike derde moes help met die vasplak.
Ek haal my hoed af aan Devis wie toe met die gelaaide wapen moes hardloop.
Ek het bedenkinge oor die beampte … hy is `n penis bekyker… en redelik bekwaam moet mens aanneem.
Ek het gedink net lesbiane gebruik dit.
Daai een het pp ingehad net betteries nie LoL !
Haha gelukkig nie want pp en batteries kan ‘n short circuit veroorsaak. Netnou kry hy ‘n kramp in sy …
Wonder hoe sal hulle ‘n vroue-atleet met so ‘n valsding uitvang!
GAAAAAAPPPP!!!!!!
wha ha ha ha ha h ek dog ons het n Caster probleem
As hy ‘n lap om die kop gedraai het, kon hy dalk met enige iets kort duskant moord weg gekom het.
Shoe het seker, maar moeilik getrippel – trippel…..!
Kon wees bolletjie-bol-bol he he !
Ag jinne, dis ‘n “cute” avatar wat jy het !
Dankie Trippie, was nogals kop krap gewees, is maar nie te goed met download ens. nie!
Dag seg Bolletjie hoe gaan dit daar in DRG?
Hello Seg, sien ek het dit toe reg gekry, dankie vir jou hulp. Nee dit gaan voor die wind, net warm (baie warm) hier, aircons werk maar oortyd!
Ek bly op die Kalahari gemsbok park se grens met Botswana en hier help lugversorgers glad nie, die goed vries op. Al wat bietjie help is water verkoelers, maar ek dink die twee hittes verskil, hierdie is mos daardie droë hitte.
Die hitte is erg, die aircons hou ook nie hier, met al die krag onderbrekings nie, (wel niks hou) is meer stukkend as reg, maar dit is maar Afrika!