Bendegevegte eis nege in Texas

Minstens nege mense is dood in bendegevegte in Waco, Texas, het RSG berig.

Agtien mense is ook beseer in gevegte by die restaurant. Soveel as vyf verskillende bendes was by die gevegte by die Twin Peaks-sportkroeg betrokke.

Die polisie sê agt motorfietsryers is op die toneel dood en `n negende in die plaaslike hospitaal.

Volgens omstanders is tot dertig vuurwapens gebruik en meer as `n honderd skote is afgevuur.

Die gevegte tussen die motorfietsbendes het oor parkeerplekke by die sportkroeg begin.

Dit het met vuisgevegte begin, toe is messe en knuppels uitgepluk en dit het eindelik in `n skietgeveg ontaard.

Skietery in Switserland eis vyf

Die polisie in Switserland het bevestig dat vyf persone Saterdagaand in ‘n skietery in Würenlingen in Switserland dood is.

“Die slagoffers is op twee verskillende plekke in dieselfde buurt gevind,” het Markus Gisin, hoof van die Aargau-polisie, Sondag aan verslaggewers gesê.

‘n 36-jarige man, Simon B. het homself geskiet nadat hy die vier moorde gepleeg het. Volgens die polisie het die man sy pa (58), skoonma (57), swaer (32) en ‘n 46-jarige man ná ‘n stryery doodgeskiet. Die 46-jarige buurman was glo toevallig op die misdaadtoneel.

Die 36-jarige man, ‘n pa van drie, het nie saam met sy vrou en kinders gebly nie en het nie ‘n vuurwapenlisensie gehad nie.

Die polisie is ontbied nadat bure skote gehoor het. Die dorp, sowat 30 km noordwes van Zürich, het ongeveer 4 500 inwoners.

Die skieter het vorige oortredings wat verband hou met geweld en onwettige besit van vuurwapens gehad.

Twee mans by Moslemspotprent-uitstalling geskiet

Die polisie in Texas het twee gewapende mans by ‘n tentoonstelling naby Dallas doodgeskiet.

Die twee het glo by ‘n kunsuitstalling van spotprente oor die Profeet Mohammed opgedaag en ‘n veiligheidswag in die been geskiet, het Reuters berig.

Die wag is lig beseer in die skietery in die voorstad, Garland, maar is intussen uit die hospitaal ontslaan.

Sondag se aanval het plaasgevind in ‘n parkeerterrein van die Curtis Culwell Center, ‘n binnenshuise arena in die voorstad noordoos van Dallas.

Niemand anders is beseer nie.

Die Nederlandse anti-Islamitiese politikus, Geert Wilders het die geleentheid bygewoon. Hy het op Twitter gesê dat skote geskiet is, maar dat hy die gebou verlaat het en veilig is.

Dit is onduidelik of die skietery verband hou met Islam of die spotprente by die uitstalling het owerhede Sondag gesê.

“Ek het geen idee wie hulle is nie, behalwe dat hulle dood is en in die straat was,” het die stad se polisiewoordvoerder, Joe Harn, aan Reuters gesê.

As ‘n voorsorgmaatreël, het die polisie die motor van die verdagtes ondersoek vir enige plofstof wat dalk in die voertuig versteek kon gewees het, het Harn bygevoeg.

Die geleentheid is geadverteer as die “Muhammad Art Exhibit and Contest” en is deur Pamela Geller gereël.

Geller, wat bekend is vir haar felle kritiek teen Islam, het aan Fox News gesê dat sy besluit het om die Garlandruimte vir die kunsuitstalling te benut, want dit is waar Amerikaanse Moslem-leiers ‘n konferensie oor die bekamping van Moslemhaat ‘n week na die Charlie Hebdo-aanvalle gehou het.

In Januarie, het gewapende mans 12 mense in Parys vermoor wat by die Franse satiriese tydskrif Charlie Hebdo gewerk het.

Die meeste van die mense wat die geleentheid bygewoon het was nog in die arena toe die geweld ontvou het en was onbewus van wat gebeur het totdat die polisie die gebou binnegestorm het en almal aangeraai het om binnenshuis te bly as gevolg van ‘n skietery.

“Die eerste verdagte is onmiddellik geskiet. Die tweede verdagte is geskiet en gewond -… Hy [die gewonde] het vir sy rugsak gereik. Natuurlik het beamptes nie geweet wat in die rugsak is nie, en het hom weer geskiet. Hy is gedood,” het Garland se burgemeester Douglas Athas aan CNN gesê.

Reusebeloning vir inligting oor polisiemoorde

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het ‘n reuse-beloning uitgeloof vir inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming en suksesvolle vervolging van die verdagtes wat betrokke was by twee onlangse voorvalle waartydens drie polisiebeamptes doodgeskiet is, het Sapa berig.

Noxolo Kweza, woordvoerder van die polisie, het gesê ‘n beloning van R400 000 is uitgeloof in verband met Sondag se voorval waar twee polisiebeamptes doodgeskiet is en nog een gewond is op die N3 naby Edenvale en verlede week se voorval waar ‘n polisiebeampte by Parkstasie in die Johannesburgse middestad doodgeskiet is. Kweza het gesê die verdagte wat tydens die skietery op die N3 gewond is en tans in die hospitaal aansterk, is vroeër op parool vrygelaat nadat hy skuldig bevind is aan gewapende roof.

Volgens Kweza is daar in die 2014/5-boekjaar reeds nege polisiebeamptes in Gauteng vermoor. Sy het gesê ‘n omvattende strategie is gefinaliseer en word tans geïmplementeer. Die strategie behels onder meer voortdurende situasiebewustheid van polisiebeamptes en opleiding en benutting van persoonlike veiligheidstoerusting.

“Die leierskap van die polisie is vasbeslote om voort te gaan met hul pogings om die stryd teen misdaad te verskerp. As kriminele dink ons gaan opgee omdat hulle op ons skiet, dan moet hulle weer dink. Ons sal binne die beperkings van die wet verseker dat ons lede se dood nie tevergeefs is nie,” het Kweza gesê.

Volgens Kweza is die grootste probleem onwettige vuurwapens. Sy het gesê daar is oor die afgelope twee maande op 456 onwettige vuurwapens beslag gelê.

Skietery in Swede se immigrantenes eis twee

Minstens twee mense is dood ná ‘n skietery by ‘n restaurant in Göteborg in Swede.

Die polisie sê outomatiese wapens is na bewering in die aanval gebruik. Ooggetuies sê die aanvallers was twee mans gewapen met Kalasjnikofs.

Göteborg is die tweede grootste stad in Swede, en ‘n immigrantenes van werkloosheid en geweld.

Die area waar die skietery plaasgevind het, Biskopsgaarden, het ‘n geskiedenis van nie-blanke bendegeweld. ‘n Staatsbehuisingskompleks vir die groot immigrantebevolking word deur hoë werkloosheid gekenmerk.

‘n Polisiewoordvoerder sê daar is geen aanduiding dat die voorval ‘n terreuraanval was nie. Verskeie mense is in die hospitaal opgeneem.

Die polisie kon nie bevestig hoeveel gewapende aanvallers daar was nie, maar het in ‘n verklaring gesê dat die dodetal na verwagting sal styg.

Nooddienste het gesê agt mense is na die hospitaal gebring deur ambulanse en ander Sweedse media berig dat twee dood is.

Swede en die naburige Denemarke het ‘n jarelange probleem met misaad deur kriminele bendes, insluitende Hells Angels, Bandidos, almal immigrante-groepe wat om die beheer van die land se dwelmhandel veg.

Skietery op paaie in KZN eis 14

Die paaie rondom Ezakheni, Ladysmith het dié naweek in die Wilde Weste ontaard toe 14 swartes doodgeskiet is twee verbyry-skietaanvalle.

Dit is nog nie bekend of dié voorvalle verwant is nie.

In die eerste voorval het ’n Mercedes-Benz met vyf insittendes van Peters Road, naby Ezakheni, afgejaag in ’n poging om van ’n ander, onbekende voertuig te ontsnap. Die bestuurder het beheer verloor en van die pad gery.

Een van die Mercedes-Benz se passasiers is op die toneel dood en nog vier is in die hospitaal dood aan hul skietwonde. Nog vier mense is dood toe ’n ander taxi in die chaos op die toneel in ’n vragmotor vasgery het.

Later is vyf mense dood by ’n karwassery in Ezakheni toe aanvallers uit ’n Toyota Avanza op hulle losgebrand het.

Vermeende kaper in Fourways geskiet

Die bestuurder van ‘n voertuig wat na bewering gekaap is in Randburg, is in deur die polisie geskiet.

Die polisie het die bestuurder agternagesit, in Witkoppenweg en skote op die voertuig gevuur.

Die motor het toe in die heining van ‘n sakeperseel op die hoek van Main- en Witkoppenweg in ‘n heining vasgejaag.

Volgens polisiebeamptes op die toneel is die verdagte voertuig, ‘n silwer Honda Civic deur hulle opgemerk en agtervolg.

The bestuurder is tydens die skietery gewond en is na ‘n nabygeleë hospitaal geneem.

Fourways Review se nuusredakteur, Daniella Potter was op die toneel en het gesê die verkeer in Witkoppenweg was ‘n tyd lank ontwrig, maar is weer normaal.

Polisieman skiet drie, homself by Kaapstad-lughawe

ctairportDie polisie in Kaapstad ondersoek ‘n saak van poging tot moord ná die skietery gisteraand by die Kaapstadse Internasionale Lughawe waarin een persoon dood en drie gewond is, het RSG berig.

Volgens `n polisiewoordvoerder, Kaptein Frederick van Wyk het `n drie-en-dertig-jarige polisieman drie mense by `n restaurant op die lughawe gewond voordat hy homself geskiet het.

Kaptein van Wyk sê die konstabel het gisteraand net na ses op die lughawe aangekom om met sy vriendin te gesels. ‘n Woordewisseling het ontstaan waarna die skietery plaasgevind het.

Die meisie en twee werkers van die restaurant is gewond.

Die toneel is deur die polisie afgesper, maar die normale bedrywighede op die lughawe het voortgegaan.

Staatsamptenaar raak beserk en moor

sapstape‘n Staatsamptenaar in Mmabatho in Noordwes het beserk geraak en ‘n man vermoor voordat hy sy eie lewe geneem het.

Die polisie sê die skieter het die gebou van die Departement van Huisvesting binnegegaan en begin skiet, eht RSG berig.

Twee mense is gewond deur opslagkoeëls, terwyl ‘n derde deur hom doodgeskiet is.

Die man was na bewering geskors.

Volgens ‘n woordvoerder van die Departement, Ben Bole, het dit as ‘n baie tragiese voorval bestempel.

Derde skietvoorval by Amerikaanse militêre basis eis 4

Gebroke hart van korte duur
Gebroke hart van korte duur

Die Amerikaanse President, Barack Obama sê hy is hartgebroke na nog ‘n skietery by die Fort Hood-weermagbasis in Texas, het RSG berig.

Die bevelvoerder van die weermagbasis, generaal Mark Milley het bevestig dat drie soldate doodgeskiet en 16 gewond is in ‘n skietery, voordat die aanvaller homself doodgeskiet het.

Hy sê egter daar is geen aanduiding dat die voorval met terrorisme verband hou nie. Die skietery het om halfvyf die middag plaasgevind, en het 15 na 20 minute geduur.

In 2009 het ‘n weermag psigiater, majoor Nidal Hasan 13 mense doodgeskiet en 30 gewond in ‘n skietery by Fort Hood.

Die skieter Ivan Lopez, 34, het geen kontak beleef gedurende sy diensplig in Irak nie.

In September is 12 mense doodgeskiet en vier gewond in ‘n skietery by die Washington vlootterein.

Skietery in die middestad van Johannesburg

Die Johannesburgse middestad
Die Johannesburgse middestad

Twee mense is Woensdagmiddag beseer toe ‘n groep swartes wat besig was om van veiligheidswagte in die Johannesburgse middestad af weg te vlug, begin skiet het, het die polisie gesê.

“‘n Audi Q7 het ‘n blou BMW M1 gejaag toe die insittendes van die BMW op die Audi Q7 begin skiet het, wat deur veiligheidswagte op die hoek van Anderson- en Sauerstrate bestuur is,” het die woordvoerder, adjundantoffisier Xoli Mbhele Donderdag gesê.

“Die veiligheidswagte het daarna hul vuur beantwoord en die BMW se band stukkend geskiet,” het hy gesê.

Mbhele sê die vyf het hierna uit hul motor gespring en te voet weggevlug terwyl hulle op die veiligheidswagte losbrand. Hul skote het twee passasiers in ‘n stilstaande Quantum-taxi op die hoek van Breë- en Lovedaystrate getref.

“Daarna het die groep ‘n wit Nissan Tiida gekaap en van die toneel af weggejaag,” sê Mbhele.

Die motor is later in Turffontein teruggevind.

“Die beseerdes, ‘n man en ‘n vrou, is op die toneel behandel, maar die vou is hospitaal toe geneem met ‘n wond in die nek,” sê Mbhele.

“Die veiligheidswagte het die groep se motor agternagesit toe hulle nie wou stilhou in die aangesig van aankomende verkeer nie,” sê Mbhele.

Volgens hom is die polisie na die misdadigers op soek. – Sapa

Bloemspruit-skietery: Verdagte aangehou

hof‘n Lid van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) wat na bewering ‘n ander soldaat by die Bloemspruit-lugmagbasis doodgeskiet en nog een gewond het, sal vandag in die landdroshof in Bloemfontein verskyn.

Die voorval het Sondagoggend by die lugmagbasis buite Bloemfontein plaasgevind.

Die weermag swyg oor die omstandighede en wil ook nie kommentaar lewer op gerugte dat die motief vir die skietery verband hou met ‘n rusie oor ‘n vrou nie.

Die verdagte is steeds in aanhouding. – RSG