
Een van die vier mans wat betrek word by ‘n motorkaping in die Johannesburgse middestad, wat op kringtelevisiekamera vasgelê is, sal Maandag om borgtog aansoek doen.
Siphelele Mdlalose (29), Khanyisani Ngubane (24), Mhlonishwa Mchunu (36) en Ntobeko Hlatshwayo (29) is Donderdag in hegtenis geneem.
Die polisie het op ʼn Rav4 en ʼn Toyota Corolla beslag gelê en ondersoek die mans se betrokkenheid by minstens vier kapings wat op kringtelevisiekamera vasgelê is.
In die een kapingvideo kan daar gesien word hoe ʼn gesin in ʼn Rav4 geteiken word op die hoek van Commisioner- en Crownstraat.
Die gesin word uit hul motor gepluk en van hul besittings beroof voor die kapers met die motor vlug. – Sapa

