
Die Amerikaanse President, Barack Obama sê hy is hartgebroke na nog ‘n skietery by die Fort Hood-weermagbasis in Texas, het RSG berig.
Die bevelvoerder van die weermagbasis, generaal Mark Milley het bevestig dat drie soldate doodgeskiet en 16 gewond is in ‘n skietery, voordat die aanvaller homself doodgeskiet het.
Hy sê egter daar is geen aanduiding dat die voorval met terrorisme verband hou nie. Die skietery het om halfvyf die middag plaasgevind, en het 15 na 20 minute geduur.
In 2009 het ‘n weermag psigiater, majoor Nidal Hasan 13 mense doodgeskiet en 30 gewond in ‘n skietery by Fort Hood.
Die skieter Ivan Lopez, 34, het geen kontak beleef gedurende sy diensplig in Irak nie.
In September is 12 mense doodgeskiet en vier gewond in ‘n skietery by die Washington vlootterein.
