Die Amerikaanse weermag het nuwe klagtes teen die Fort Hood-soldaat gebring waarin hy nou ook van poging tot moord aangekla gaan word.
Majoor Nidal Hasan, ‘n weermagpsigiater, is reeds aangekla van die moord op 13 mense in ‘n skietery op 5 November by die Fort Hood-basis in Texas.
Hasan staar nou 32 aanklagte van moord met voorbedagte rade in die gesig. Die slagoffers is uitgeken as 30 soldate en twee lede van die polisie, het die Amerikaanse weermag in ‘n verklaring gesê.
Altesaam 42 mense is in dié aanval beseer.
Die Pentagon het ‘n uitgebreide ondersoek na die voorval gelas om te probeer vasstel of daar vroeë waarskuwingstekens kon gewees het, in ‘n poging om soortgelyke aanvalle in die toekoms te keer.
Hasan word ook ondersoek vir moontlike bande met Islamitiese ekstremiste, insluitend sy kontakte met ‘n radikale geestelike leier wat dié slagting glo geseën het.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.