praag.co.za

Moslemterreurgroep verantwoordelik vir Russiese treinongeluk

’n Islamitiese militantegroep het verantwoordelikheid aanvaar vir die Russiese treinontploffing verlede naweek, nadat ondersoekers gesê het die aanval blyk om die werk van Tsjetsjeense rebelle te wees.

Die sogenaamde “Kaukasiese Emiraat,” ’n groep wat verskeie Islamitiese splintergroepe insluit, het gesê hulle is verantwoordelik vir die aanval waarin 26 gesterf het en sowat ‘n 100 mense beseer is.

“Die aanval was beplan en uitgevoer saam met verskeie ander sabotasieplanne. Die operasie is van die begin van die jaar af beplan en is suksesvol teen talle belangrike plekke in Rusland uitgevoer op versoek van Kaukasus Emir Dokku Umarov,” het die verklaring gesê.

Die verklaring het op die Tsjetsjeense rebelle se webblad KavkazCenter.com, verskyn.

Dit is die eerste aanval wat in die hartjie van Rusland, buite noord-Kaukakus, plaasgevind het sedert die reeks selfmoordbomaanvalle in 2003 en 2004 wat Moskou geruk het.

‘n Ondersoek is kort na die ontploffing van stapel gestuur wat die vermoede van ‘n terreuraanslag bevestig het.

In die verklaring is ook melding gemaak van die trein wat grootliks deur Russiese burokrate gebruik word.

 

керамические коронкиФильчаков

Comments

Leave a Reply