Senior ANK-lede en KwaZulu-Natal-kiesers behoort nie enige leier te ondersteun wat kriminele klagte in die gesig staar nie, het die KVP-woordvoerder Siyanda Mhlongo Donderdag gesê.
"Daar is baie, baie vrae wat Zuma eers moet beantwoord voordat hy die gesig van die ANK in die verkiesing kan word," het Mhlongo in 'n ope brief gesê.
Hy het verwys na die ANK –president Jacob Zuma, wie se kriminele saak Woensdag uitgestel is tot 25 Augustus, wanneer hy waarskynlik die president van Suid-Afrika sal wees.
"Die KVP … is ook bekommerd dat indien Suid-Afrikaners die fout maak om Zuma as president in te stem, die Zuma-kamp in die ANK die volgende sal doen – forseer 'n wet deur om aan 'n sittende president kwytskelding te verleen van vervolging en werk sekere individue in die Nasionale vervolgingsgesag uit en vervang hulle met ANK-kaders wat sal redeneer dat daar geen saak teen Zuma is nie."
Mhlongo het ANK-leiers "wat korrupsie haat" aangemoedig om nie vir Zuma se veldtog te werk nie.
Die party het gesê hulle is ook "bekommerd" deur die ANK se reaksie op die Zuma-saak, aangesien die party aangedui het dat hulle gaan vra dat die saak teen hom teruggetrek word.
"Ons … is bekommerd dat pleks daarvan dat die ANK teen korrupsie stry, hulle 'n aansoek wil bring dat die saak teen Zuma laat vaar word."
Mhlongo het die regerende party as "immoreel" en "nie nugter nie" beskryf.
Hy het gesê die land se vorige twee presidente, Nelson Madela en Thabo Mbeki, het nie presidente geword "met sulke ernstige klagte wat oor hulle gehang het nie".
Baie ANK-lede, insluitend LUR'e het tans kriminele klagte teen hulle. Diegene wat veroordeel en gevonnis word, soos voormalige ANK-hoofsweep Tony Yengeni en Zuma se voormalige finansiële adviseur Schabir Schaik word "soos rasieleiers en sterre behandel", het hy gesê.
"Toe ons in die ANK was het Zuma en sy maters geweier om ons toe te laat om 'n konferensiedokument oor 'Revolusionêre moraliteit' by Polokwane te bespreek. "Hoekom?" het hy gevra.
Ná Zuma aangekla is, "sou 'n sober ANK hom (Zuma) verpligte verlof gegee het of gevra het om verlof te neem… Die ANK soek 'n persoon met sulke ernstige klagte teen hom as hulle voorbladpersoon.
повысительная насосная станцияФільчаков прокурор