‘DA sien Pretoriase kandidate oor’ – VF Plus

Image

Willie Spies

Die spanning in die DA oor sy Gautengse kandidatelyste openbaar onder andere ook dat die party Pretoria as magsbasis afgeskryf het. 

Volgens ‘n berig in die oggendkoerant Beeld, is veral Pretorianers in die DA ongelukkig omdat hulle aan die agterspeen gesuig het met betrekking tot posisies op partylyste.  Slegs drie van die top twintig posisies vir die Gautengse Wetgewer is aan Pretorianers toegeken terwyl die oorblywende 17 aan lede uit die suide van Gauteng toegeken is.  Die feit dat die DA slegs 15% van sy wenbare posisies aan mense toeken waar meer as 50% van die party se voormalige steun kom, dui op ‘n ondemokratiese minagting van die party se Afrikaanse en Pretoria-steunbasis.  Ook wat die party se parlementêre lyste betref, het Pretorianers sleg tweede gekom.  Die party se hardwerkende LP, dr. Manie van Dyk, moes tevrede wees met die nommer 17 posisie op die party se nasionale lys vir Gauteng. Verder het ‘n ander Pretorianer, mnr. Karel Minnie, vroegtydig besluit om die parlement vir die stadsraad te verruil. 

Willie Spies, VF Plus-LP vir Pretoria, het in sy reaksie gesê dit wil voorkom of die DA die omstrede joernalis, Niekie van den Berg, bloot as ‘n rookskerm om Afrikaners te paai op sy kandidate lys geplaas het terwyl hardwerkende Afrikaanse kandidate oor die algemeen benadeel is in die lysproses.  Die VF Plus is nie verbaas dat die DA Pretoria en die Afrikaanse stem op die manier afgeskryf het nie omdat die VF Plus hom lank reeds in die Tshwane Metroraad as die nie-amptelike amptelike opposisie bewys het.

набор для детского творчестваtopcargo отзыв

Maak 'n opvolg-bydrae