SA gaan ‘baie moderne’ nuwe munte kry

Suid-Afrika gaan 'n paar "opwindende en 'in die mode'" nuwe munte kry, maar presies hoe die goed gaan lyk is steeds 'n geheim, volgens regeringswoordvoerder Themba Maseko.

By 'n perskonferensie wat Woensdagmiddag by die parlement gehou is, het hy gesê die nuwe munte sal binnekort bekend gestel word.

"Die voorgestelde ontwerpveranderinge vir die verskeie munte is deur die kabinet goedgekeur. Die nuwe ontwerpe sal binnekort in die Gazette vertoon word."

In reaksie op vrae, het hy gesê een van die muntontwerpe wat hy gesien het, herdenk die 2010 Fifa sokkerwêreldbeker.

"Een van die munte se ontwerp herdenk die 2010 wêreldbeker. Ek het na die ontwerpe gekyk, hulle is baie opwindend en stylvol. Ek kan julle vertel, dit sal baie moderne munte wees."

Maseko het gesê die nuwe ontwerpe sluit goue gedenk eenrand en tweerand munte in, en herontwerpte 10, 20 en 50 sent munte.

метроФильчаков прокурор харьков

Maak 'n opvolg-bydrae