Geen nuwe Zim-hulp sonder ‘ware magsdeling’, s? VSA

Amerika sal net nuwe hulp aan Zimbabwe oorweeg, asook 'n potensiële vermindering van sanksies, as hulle duidelike getuienis sien van "ware magsdeling", het 'n woordvoerder van die regering Dinsdag gesê.

"Amerika sal net nuwe ontwikkelingshulp en vermindering van beperkte sanksies oorweeg wanneer ons getuienis gesien het van ware magsdeling sowel as inklusiewe en effektiewe regering," het woordvoerder Robert Wood in 'n verklaring gesê.

"Ons sal voortgaan om humanitêre hulp te verleen aan die Zimbabwiërs in hulle tyd van nood," het Wood gesê.

Zimbabwe se hoofopposisieparty, die MDC, het Vrydag besluit om aan te sluit by die regering van nasionale eenheid met president Robert Mugabe se Zanu-PF, om 'n einde te maak aan die uitgerekte dooiepunt wat meer as vier maande voortgesleep het ná die ooreenkoms onderteken is.

Wood het gesê "die sukses of mislukking van so 'n regering sal afhang van geloofwaardige en inklusiewe magsdeling deur Robert Mugabe en sy Zanu-PF-party."

Hy het ook 'n beroep gedoen op die internasionale gemeenskap om "betrokke te bly en aksies van mnr. Mugabe fyn dop te hou om seker te maak dat daar aan die letter en die gees van die ooreenkoms voldoen word, insluitend die respek vir menslike lewens en die instandhouding van die wet."форма справки 086уАлександр Фильчаков

Maak 'n opvolg-bydrae