Grondeise gaan meer as R50 miljard kos

Grondeise en restitusie gaan Suid-Afrika meer as R50 miljard kos teen die tyd wat die proses afgehandel is vyf jaar van nou af, het die waarnemende grondeisekommissaris, Andrew Mphela, Dinsdag gesê.

Tydens 'n gesprek met joernaliste in Gordonsbaai naby Kaapstad, na afloop van 'n vergadering van streeksgrondeisekommissarisse, het hy gesê dat die staat tot op hede restitusie ten bedrae van R17,6 miljard goedgekeur het.

"Van die 79 696 eise wat aangemeld is by die kommissie, het ons nou omtrent nog 4 589 eise wat uitstaande is."

"Aanvanklike skattings was dat dit R17 miljard sou kos om af te handel, maar aanduidings is dat dit nou meer mag kos… die uitstaande eise is redelik groot."

Die koste van grondeise in die Nasionale Krugerwildtuin alleen, wat 400 000 hektaar beslaan van die park se oppervlakte, "sal ten minste R15 miljard kos om te finaliseer," het hy gesê.

Gevra of dit beteken dat die grondeise en restitusie wat op R17,7 miljard staan dan nou 'n addisionele R32 miljard sal kos, het Mphela bevestig dat dit "ten minste nog R52 miljard" sal kos, tot die proses afgehandel is.

In antwoord op vrae oor afhandelingsdatums, het hy gesê die prosessering van eise sal aanhou tot in 2014 in provinsies soos die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal en Limpopo.лосины девочка 7 летtopcargo

Maak 'n opvolg-bydrae