Migrasie-agentskap gaan Oegandese rebelleleier help om hom oor te gee

Die Internasionale Organisasie vir Migrasie (IOM) het Dinsdag gesê dat hulle gereed is om as waarnemer op te tree indien die tweede in bevel van die Oegandese rebellegroep, die LRA, homself wil oorgee.

Okot Odhiambo, die adjunkleier onder Joseph Kony, het verlede week uit die DRK aan AFP gesê dat hy vir veilige deurgang gevra het en reg was om te desserteer ná hy 'n ernstige skietwond opgedoen het.

Die rebellebevelvoerder het op daardie stadium aangedring dat sy oorgawe deur die IOM onderhandel moet word en dat onderhandelings met die Oegandese weermag deur die internasionale agentskap  gedoen moet word.

Die IOM het Dinsdag in 'n verklaring gesê dat hulle met "belanghebbende partye ooreen gekom het om as waarnemer op te tree indien die LRA se 2de in bevel, Okot Odhiambo aan Oegandese magte oorgee."

"In teenstelling met onlangse berigte dat Odhiambo, wat deur die internasionale strafhof gesoek word, aan Oeganda oorhandig word deur die IOM en dan oorhandig sal word aan die Oegandese owerhede, het Odhiambo ingestem om aan die Oegandese weermag oor te gee met die IOM as waarnemer."

"Van daardie tyd af sal die Oegandese owerhede verantwoordelik wees vir Odhiambo," het die IOM bygevoeg.

Die Geneefse agentskap sal hulp verleen aan 'n geskatte 85 ontvoeringslagoffers en LRA-soldate wat Odhiambo vergesel, insluitend kinder-en vrouesoldate.

Die IOM het 'n mandaat om hulp te verleen met die integrasie van voormalige LRA-vegters.игры для девочкамДанильченко Юрий Брониславович Харьков

Maak 'n opvolg-bydrae