Nooddienste gereed n? 200 kajas in Alexandra oorspoel is

Omtrent 200 plakkershutte op die oewer van die Jukskeirivier in Alexandra is Dinsdag oorstroom en nooddienste verkeer op hoë gereedheidsgrondslag, het ER24 gesê.

'n Woordvoerder, Werner Vermaak, het gesê mense het na die Jukskeibrug gestroom om met die nooddienste te praat en hulle in te lig oor hulle bekommernisse.

Paramedici en brandweermanne het hulle op die brug na Alexandra gestasioneer om 'n oog op die rivier te hou.

Sommige van die inwoners het kwaad geword vir die nooddienstepersoneel omdat hulle vir hul lewens gevrees het, het Vermaak gesê.

"Geen berigte is ontvang van enige iemand wat in die rivier geval het of vermis is nie."

Sommige inwoners het hulle persoonlike besittings uit hul huise ontruim en sommige soek na hoër grond.

Die brandweer en polisie se watereenheid was ook op die toneel, het Vermaak gesê.купить детский домикФильчаков прокурор харьков

Maak 'n opvolg-bydrae