VF+ wen hofsaak oor buitelandse stem

Image

Mulder, Pieter

Die VF Plus het in 'n verklaring die uitspraak van die Pretoriase Hooggeregshof verwelkom dat artikel 33 van die kieswet ongrondwetlik is. Artikel 33 van die kieswet (Wet 73 van 1998 artikel 33) bepaal dat daar onderskei word tussen Suid-Afrikaners in die buiteland en dat sommige mag stem en ander nie.

Al die bedes voor die hof, is deur die regter toegestaan. Die uitspraak sal nog vandag aan die Grondwethof voorgelê word vir bekragtiging. Die respondente, waaronder die Departement van Binnelandse Sake, kry dan opnuut geleentheid om hulle besware voor die Grondwethof te argumenteer.

Afhangende van die besluit van die hoofregter, kan bekragtiging gou afgehandel word. Indien die VF Plus ook hiermee slaag, sal dit beteken dat alle Suid-Afrikaners in die buiteland wat as kiesers geregistreer is, in hierdie verkiesing sal kan stem.

“Dit is ’n reuse oorwinning teen die arrogansie van die ANC wat sy wil op almal probeer afdwing,” het dr. Pieter Mulder, VF Plus-leier gesê. “Die VF Plus sal nie huiwer om die ANC of watter regering ook al, op hierdie wyse in die toekoms weer aan te vat ten einde te voorkom dat burgers se regte van hulle weggeneem word nie,” het dr. Mulder bygevoeg. 

“Die VF Plus het ’n rekord dat die party opstaan vir die regte van gewone landsburgers. So het die VF Plus geslaag om die “Kill the Boer”-slagspreuk as haatspraak verklaar te kry en verskeie oorhaastige ANC-naamsveranderinge met hofuitsprake te stuit,” volgens dr. Mulder.

справка 1депутат лобановский