Een van die ondertekenare van die skikkingsooreenkoms wat sou verhoed dat hofsake verder oor die naamsverandering van Potchefstroom na Tlokwe gevoer word, het kop uitgetrek net dae nadat 'n onderneming gemaak is.
'n Persverklaring is deur burgemeester Mapethle Mapethle en die groep Aksie Potchefstroom uitgereik waarin aangekondig word dat die dorp sy naam kan behou terwyl die stadsraad voortaan bekend sal staan as Tlokwe.
Mapethle het intussen teruggekrabbel en beweer dat hy nie weet waarom sy naam om die verklaring verskyn het nie. Hy het bygevoeg dat Pallo Jordan, minister van Kuns en Kultuur, die finale besluit sal neem oor die aangeleentheid.
