Die afgelope naweek se saamtrek met Mandela se teenwoordigheid bewys weereens wat die ANC is.
Wreed is die ontnugtering by wit en ander Afrikane (Afrikaners en regsgesinde witmense is lankal bewus daarvan) dat die ANC verrot is met 'n klomp terroriste, kriminele en rampokkers in hul geledere. Veral dié wat Mandela as heilig en 'n ikoon voorgestel het, omdat hy sogenaamd geweld teen witmense afgesweer het, is volkome naïef.
In werklikheid gaan die ANC's voort met hul "struggle" op plase en stede soos voor 1994, net op 'n baie meer geslepe manier. MK sing nog "Kill the Amabhulu" en "Kill the farmer, kill the Boer". Nóg Mandela nóg ander ANC's het dit al ooit veroordeel of selfs verskoning daarvoor aangebied. Blote stilswye word daaroor gehandhaaf.
