Volgende keer sal Zuma as president in hof verskyn

Image

Jacob Zuma

Die volgende keer wat die ANK-president Jacob Zuma in die hof in Pietermaritzburg inloop, kan dit moontlik as die president van die Republiek van Suid-Afrika wees.

"Wanneer Zuma weer in Augustus in die hof moet verskyn, sal dit wees as die president van die land en die regters sal hom as die president moet aanspreek," het die party se Jeugligaleier Julius Malema Woensdag gesê ná Zuma se kort verskyning in die hof.

"Ek wil net vir diegene vra wat agter die saak is of hulle trots sal wees om hulle eie president te vervolg en hulle eie land in die skande te steek."

Vroeër het regter Leona Theron voorlopig Zuma se volgende hofdatum vir 25 Augustus vasgestel, wanneer hy na verwagting sal aansoek doen dat die klagte teen hom permanent laat vaar moet word.

'n Senior advokaat vir die Franse wapenvervaardiger Thint, Michael Collins, het gesê hulle sal weer op 24 Junie in die hof wees om aansoek te doen dat die saak teen hulle permanent laat vaar word.

Die opposisieleier, Mangosuthu Buthelezi, van die IVP het gewaarsku dat daar ernstige gevolge vir die land kan wees indien Zuma in die saak as president van die land moet verskyn.

"Dit sal ook moeilik wees in Suid-Afrika vir ons politieke stelsel om eerlikheid en integriteit te projekteer en te beskerm as sy hoogste waardes, wanneer die president op aanklagte van korrupsie vervolg word," het hy gesê.

best social mediaалександр лобановский харьков класс

Maak 'n opvolg-bydrae