Verkragting gebruik om vroueselfmoordbomdraers te werf

'n Vrou wat daarvan verdink was dat sy dosyne vroueselfmoordbomdraers in Irak gewerf het, het vertel hoe sy gereël het dat die slagoffers verkrag is waarna sy hulle vertel het dat martelaarskap die enigste manier waarop waarop hulle aan die skande kon ontkom.

ImageDie Irakese weermag het die vrou se arrestasie Dinsdag aangekondig en videomateriaal gespeel waarin sy haar rol as werwingspersoon erken het.

Sy het in die video verduidelik hoe sy die vroue gewerf het en hulle na 'n boord geneem het vir opleiding en hulle laastens ontmoet het en na hulle teikens gelei het.

Later, gedurende die onderhoud uit die tronk met Associated Press, wat gevoer is met ondersoekbeamptes wat bygestaan het, het sy vertel hoe sy gehelp het om die verkragting van die jong vroue te help beplan.

Sy het gesê dat sy dan ingetree het om die slagoffers te oortuig om selfmoordbomdraers te word as die enigste manier om aan die skande te ontkom.

Die vrou is geïdentifiseer as Samira Ahmed Jassin, wat ook bekend is onder die bynaam "Umm al-Mumineen", wat beteken die moeder van die gelowiges.

Ten minste 36 selfmoordbomdraers het gepoog of was suksesvol in 32 aanvalle wat verlede jaar uitgevoer is, vergeleke met 8 in 2007, volgens Amerikaanse militêre statistieke.

Die weermag het gesê hulle kan nie inligting gee vir die jaar oor die hoeveelheid vroueselfmoordbomdraers nie, maar op 4 Januarie het 'n vrou haarself opgeblaas tussen Iranese pelgrims in Bagdad, waar meer as 3 dosyn mense in die aanval dood is.

раскрутка сайтаФільчаков Олександр Васильович прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae