Vier aangehou vir inbraak en kaping

ImageVier mans, wie se ouderdomme wissel van 19 tot 38 is Woensdag in Brooklyn gearresteer vir huisbraak en kaping, het die Gautengse polisie gesê.

Kaptein Colette Weilbach het gesê die vier mans het na bewering by 'n huis in Nicolstraat ingebreek omtrent 11 vm. en juweliersware en rekenaartoerusting gesteel.

Die eienaar van die huis het teruggekom terwyl die mans besig was in die huis, en hulle het daarna sy Ford Bantambakkie gekaap deur hom met 'n skerp voorwerp te dreig.

'n Sekuriteitswag wat deur die bure se bediende ontbied is, het op die toneel aangekom en twee skote op die mans geskiet terwyl hulle in die bakkie en in hulle eie silwer Citroen-voertuig gevlug het.

Die bakkie is later verlate in Rupert straat gevind.

Ondersoek deur die Sunnyside-taakspan het polisie na 'n adres in Mamelodi gelei.

Polisie het die silwer Citroen gevind en nadat die vier mans in die huis gearresteer is, het hulle al die gesteelde goedere weer gevind.

Die vier sal binnekort in die hof verskyn op klagte van huisbraak, kaping en besit van gesteelde goedere, het Weilbach gesê.

стоимость зубовАлександр Фильчаков