Hy het getuig oor of die polisie uit noodweer opgetree het toe hulle in 2012 op die stakende mynwerkers geskiet het.
Vier-en-dertig myners is in die skietery dood.
Die regsverteenwoordiger van die gesinne van die myners, Dumisa Ntsebeza het hom gepeper met vrae oor of die polisie aangeval was.
Die gesinne van die Amcu-stakers beweer die polisie het nie uit noodweer opgetree nie, alhoewel daar volgens Calitz intelligensie oor opsetlike provokasie en uittarting was.
‘n Woordvoerder van die Kommissie, Phuti Setati sê Calitz sal verder getuig, waarna Kolonel Solomon Vermaak van die SAPD geroep sal word.
Twintig getuies moet nog ondervra word, het RSG berig.
Verlede jaar, het die regsverteenwoordigers van die 200 stakers wat in hegtenis geneem is, onttrek van die verrigtinge. Hulle wou deur die Staat betaal word.
Na maande se twis het die Regshulpraad van Suid-Afrika ‘n mandaat om hulle te betaal gekry.
Die adjunk-president van die Reserwebank, Daniel Mminele, sê inflasieverwagtings in Suid-Afrika is ongemaklik naby aan die boonste vlak van die bank se teikenband.
Hy het by die Phalaborwase Kamer van koophandel in Limpopo gesê salarisse en die wisselkoers hou moontlike gevare vir inflasie in.
Die bank se inflasieteiken is tussen drie en ses persent. Syfers verlede maand het getoon dat hooflyn-verbruikersinflasie in September op ‘n jaargrondslag tot ses persent verlangsaam het.
Dit was 4,6% in Augustus. Die swakker Rand, wat vanjaar met sowat 20 persent teen die dollar gedaal het, het aansienlike druk op pryse geplaas, terwyl ‘n groot aantal salarisverhogings bo die inflasiekoers, veral in die mynbedryf, die druk laat toeneem het.
By die Zondereinde Platinummyn op Northam in Limpopo, is verskeie bedrywighede opgeskort nadat sowat seweduisend lede van die mynwerkersvakbond NUM gisteraand begin staak het. Sekuriteit is ook verskerp.
Die staking volg nadat onderhandelings oor salarisverhogings en werksomstandighede op ‘n dooiepunt uitgeloop het.
Die vakbond weier om te sê wat die persentasie verhoging is wat hy eis, maar dit word op tussen 22% en 43% beraam.
Die myn bied volgens die vakbond ‘n verhoging van 6,5% aan. ‘n Woordvoerder van die NUM sê werkers het by die perseel opgedaag, maar het nie vir die nagskof ondergronds gegaan nie.
Intussen is Anglo American Platinum en Lonmin ook besig met salarisonderhandelings met vakbonde.
Werknemers van Amplats, wat lede is van die AMCU-vakbond is, het vroeër ten gunste van ‘n staking gestem nadat samesprekings ‘n dooiepunt bereik het.
Die vakbond het egter ingestem tot mediasie op regeringsvlak. – RSG
‘n 27-Jarige swart man in hegtenis geneem in verband met nog ‘n moord by Marikana buite Rustenburg, het Noordwes polisie gesê.
Die mans is in die Groep 5-seksie van die Lonminmyn in hegetenis geneem, waar die moord gepleeg is.
Die aanvaller het sy slagoffer in bors bors gesteek en hy is op die toneel dood.
Gerugte wil dit hê dat die moord verband hou met die twis tussen die twee strydende vakbonde, maar die polisie sê dit is nie bekend of die oorledene aan een van die strydende vakbonde, die NUM of Amcu behoort het nie.
Die NUM-leierskap sal Maandag met die polisie vergader oor vordering in die ondersoek na die moord van een van die takvoorsitters by die Westelike platinum-afdeling naby Koppie verlede week.
Die metaalwerkersvakbond Numsa sê duisende van sy lede in die motorbedryf begin vandag staak. Dit sluit petroljoggies en vakbondlede by onderdelehandelaars, paneelkloppers en motorwerkswinkels in.
Motoriste is gewaarsku om seker te maak dat hulle brandstof het voordat petroljoggies Maandag ophou werk.
Die vakbond NUMSA het bevestig dat samesprekings met werkgewers vasgeval het.
Die woordvoerder van die vakbond, Karl Cloete, het gesê die staking sal in Gauteng begin, terwyl die ander provinsies Woensdag en Donderdag by die arbeidsoptrede sal aansluit.
Optogte word Maandag in Randburg en Kaapstad beplan.
NUMSA eis ‘n verhoging van R30 per uur in alle sektore vir werkers wat meer as R6 000 verdien. Hulle eis ook ‘n nagskoftoelaag van 20 persent van die normale loon, en ‘n middagskoftoelaag van 15 persent.
Cloete sê Numsa verteenwoordig sowat 70 000 werkers in dié sektor.
Die mynwerkersvakbond AMCU sal na verwagting dié week ook begin staak nadat die ander vakbond – die NUM – sy staking by goudmyne verlede week opgeskort het.
Lede van AMCU het by ‘n massavergadering op Carletonville aan die verre Wes-Rand ten gunste van ‘n staking gestem nadat hulle ‘n salarisaanbod van agt persent van die hand gewys het.
AMCU eis R12 500 vir werkers op intreevlak, maar goudprodusente sê die verhogings is onrealisties in ‘n sukkelende ekonomiese klimaat.
Werksaamhede word vanoggend ingekort by die Goldfields South Deepmyn op Westonaria suidwes van Johannesburg. Sowat 80 000 werkers wat tot die NUM behoort het die Kamer van Mynwese se verhoogde salarisaanbod van 6,5 persent verwerp en begin staak. Slegs kontrakwerkers het vandag vir diens aangemeld. Daar is onbevestigde berigte dat hulle met die opsegging van hul kontrakte gedreig is indien hulle sou wegbly. Om twaalf-uur vanmiddag gaan daar ‘n massabyeenkoms en betoging by die suidelike skag wees, waar die mynbestuur, die SAKP, Cosatu en die burgerlike organisasie, SANCO die werkers sal toespreek. Sekuriteit is by die myn verskerp.
Die Suid-Afrikaanse kamer van koophandel en nywerheid sê intussen goudprodusente se salarisaanbod moet in die regte perspektief gesien word. Goudprodusente sê die huidige ekonomiese toestande in Suid-Afrika het bygedra tot die finale salarisaanbod. ‘n Woordvoerder van die kamer, Peggy Drosky sê beide werkgewers en vakbonde moet bereid wees om opofferings te maak. Drosky sê werkers het dalk werklike behoeftes, maar maatskappye moet ook winsgewend wees om te kan voortgaan om mense in diens te neem. Volgens Drosky moet daar ‘n duideliker definisie wees van wat ‘n ordentlike lewenspeil in Suid-Afrika is.
In ‘n afsonderlike voorval, het betogers myngereedskap by ‘n skag van Anglo-Platinum se Twickenhammyn buite Burgersfort in Limpopo aan die brand gesteek en verskeie voertuie beskadig. ‘n Plaaslike munisipale raadslid, Vincent Mpofela sê ‘n elektriese transformator is ook afgebrand. Inwoners verkwalik die myn omdat plaaslike werkers afgelê word, terwyl werkers uit ander provinsies aangestel word. Die myn-bestuur was nie beskikbaar vir kommentaar nie.
Die vakbond die NUM gaan nie afsien van sy eis vir ‘n 15 persent verhoging vir sy lede in die konstruksiebedryf nie. Dit volg nadat die vakbond BCAWU vroeër ‘n aanbod van ‘n 10 persent verhoging deur die Suid-Afrikaanse federasie van kontrakteurs in siviele ingenieurswese aanvaar het. BCAWU verteenwoordig 40 000 konstruksiewerkers. Die NUM, wat die meerderheidsvakbond is, eis ook ‘n minimumloon van R5 500, bonusse en ‘n mediese fonds pakket. Die vakbond se sekretaris in KwaZulu-Natal, Bongani Manyoni sê vakbondleiers gaan na verwagting môre byeenkom om te bespreek hoe die staking uitgebrei kan word. Manyoni sê hulle wil hê werkgewers moet besef dat hulle ernstig is oor hulle eise.
Werknemers by die OR Tambo Internasionale Lughawe in Johannesburg kla dat hulle toegang tot die SAL-kantore sowel as die tegniese perseel geweier word. Dit wil voorkom asof dit deur stakende tegniese personeel veroorsaak word. Werkers wat aan die vakbond, Satawu verbonde is, staak reeds twee weke lank omdat hulle op hoër salarisse aandring. Na bewering is gisteraand se nagskofwerkers ook nie toegelaat om die gebou te verlaat nie. – RSG
Stakende werkers in die motorbedryf sal vandag ‘n optog hou na die kantore van die vereniging van motorvervaardigers, NAAMSA, in Pretoria.
‘n Woordvoerder van NUMSA, Castro Ngobese, sê hulle sal ‘n memorandum met eise aan die Werkgewersvereniging van Motorvervaardigers oorhandig. Die staking in die motorbedryf is nou in sy derde week.
Werkgewers bied ‘n tien persent verhoging aan, wat deur die vakbond verwerp is. Die staking het reeds ontwrigting veroorsaak by sewe van die land se vernaamste voertuigvervaardigingsaanlegte.
By die Volkswagen-aanleg op Uitenhage naby Port Elizabeth het werkers onderneem om nie hulle salariseise te laat vaar nie.
Dit volg te midde van meningsverskille oor die staking in die motorbedryf. Werkers by die aanleg het gister met streekleiers vergader oor of hulle die staking moet aflas of nie.
‘n Woordvoerder van NUMSA, Phumzile Nodongwe, sê verskillende menings tydens stakings is normaal, en hulle sal probeer om dit eerder te bestuur en nie toelaat dat dit eenheid in die vakbond ondermyn nie.
Vandag se staking in die goudmynbedryf kan die land meer as 350 miljoen rand per dag kos aan verlore produksie. Dit is volgens berekenings wat gegrond is op die huidige goudprys. Ekonome beraam dat meer as 700 kilogram goudproduksie per dag verlore sal gaan.
Die National Union of Mineworkers het vroeër gesê 80 000 van sy lede in die goudbedryf is gereed om van vandag af te begin staak. Die NUM is die eerste mynvakbond wat vanjaar oor salarisse begin staak.
Vakbondlede het gisteraand voor die nagskof sou begin massavergaderings gehou. – RSG
Mynwerkers by Amplats in Rustenburg in Noordwes gaan die maatskappy se aflegging van seweduisend werkers teenstaan.
Werkers se toekoms is steeds onseker omdat werkers nog moet besluit of hulle skeidingspakkette gaan aanvaar of verplaas wil word.
‘n Massavergadering is gister gehou deur ‘n taakspan by Khuseleka 2 en die Khomanani 1 en 2 skagte. Amplats beplan om sowat 7-duisend werkers teen Maandag af te dank, maar myners sê hulle gaan dit betwis.
Dit is vandag die laaste dag wat werkers om skeidingspakkette kan aansoek doen. ‘n Lid van die taakspan, Gadaffi Mdoda sê hulle gaan ‘n dispuut indien by die Kommissie vir Bemiddeling, Versoening en Arbitrasie en ook die howe nader.
Hy sê die werkers is militant en bereid om die afleggings te beveg.
Intussen gaan die National Union of Mineworkers sy lede raadpleeg nadat hy vroeër die Kamer van Mynwese se finale salarisverhogingsaanbod van die hand gewys het.
Goudmynmaatskappye se laaste aanbod is om basiese salarisse met tussen 6 en 6,5% te verhoog. Die NUM se woordvoerder, Leshiba Seshoka het die aanbod as lagwekkend bestempel.
Die NUM en Amcu eis verhogings van tussen 60- en 150-persent.
Die vakbond, Solidariteit het vir meer tyd gevra om die aanbod met sy lede te bespreek. Die hoofonderhandelaar vir die goudprodusente, Elize Strydom sê die aanbod kom neer op ‘n gewaarborgde salaris van R9 170 per maand op intreevlak. – RSG
Tot 72 000 petroljoggies en ander werknemers by vulstasies en motorhandelaars landwyd sal van Maandag (2 September) af staak nadat die onderskeie partye in die loononderhandelinge nie ooreen kon kom nie.
Die werknemers is almal lede van die metaalwerkersvakbond, Numsa. Volgens ’n Numsa-verklaring eis hulle ’n “menswaardige loon en verbeterde diensvoorwaardes”.
Die NUM het intussen aangedui dat hulle ‘n salarisooreenkoms met goudmynprodusente wil aangaan voor Vrydag se spertyd om ‘n staking in die bedryf te voorkom.
Die NUM se hoofsekretaris, Frans Baleni, sê ‘n staking is die laaste uitweg. Die NUM het die afgelope Saterdag aan produsente sewe dae tyd gegee om te voldoen aan sy eis vir ‘n salarisverhoging voordat hulle tot ‘n staling oorgaan.
Gesprekke tussen die SATAWU-vakbond en die SAL om ‘n einde te maak aan die lugdiens-staking van twee dae, is in Johannesburg hervat.
Die hoofsekretaris van SATAWU, Zenzo Mahlangu, sê die lugdiens wil nie sy aanbod van ‘n verhoging van 6,5% hersien nie. Hy sê SATAWU is ook nie bereid om in te stem tot enige bedrag minder as die aanvanklike eis van 12% nie.
Hy sê nog ‘n vakbond is gereed om môre tot ‘n staking oor te gaan.
Die Suid-Afrikaanse Kamer van Koophandel en Nywerheid het sy besorgdheid uitgespreek oor die voortslepende stakings in die land.
Duisende werkers staak in die voertuigvervaardiging- en die konstruksiebedrywe, terwyl ‘n staking ook in die goudmynbedryf dreig.
Die SAKKN sê die impak van al die stakings sal nie net beleggers en sakeondernemings raak nie, maar ook die afhanklikes van die stakers.
Die vakbond, Satawu het die Burgerlike Lugvaartowerheid in kennis gestel dat die Suid-Afrikaanse lugdiens sy vliegtuie sonder die nodige tegnici laat vlieg.
Lede van Satawu, waaronder tegniese werkers wat die vliegtuie diens, staak weens ‘n loongeskil.
Die stakings het slegs enkele vertragings vanoggend veroorsaak, onder meer die Springbokke se vlug uit Argentinië.
Die stakers is in ‘n opgwekte luim. Hulle het langs die pad stelling ingeneem, waar hulle musiek kliphard speel, vleis braai en selfs drank verkoop.
Arbeidsoptrede en stakings dreig in verskeie ander sektore in die land. Tegniese werkers by die Suid-Afrikaanse Lugdiens wat aan die vervoervakbond, SATAWU, behoort, het Maandagoggend begin staak, terwyl konstruksiewerkers van die NUM ook nie by die werk is nie.
Motorvervaardigers hou asem op oor of NUMSA lede hul verhoogde salarisaanbod gaan aanvaar. Dit volg nadat werkgewers hul loonaanbod verdubbel het, deur ‘n verhoging van tien persent aan te bied.
Onderhandelinge in die goudmynbedryf, slegs met die vakbond Solidariteit, is ook Maandag hervat.
Die National Union of Mineworkers wat salarisverhogings van tot 60 persent van goudprodusente eis, het maatskappye ‘n spertyd van sewe dae gegee om aan die eise te voldoen, of stakings te verwag.
Die vakbond het ‘n memorandum waarin sy eise vervat is aan die Kamer van Mynwese oorhandig.
Dit volg nadat sowat drie-duisend lede ‘n optog na die Kamer se kantore in Johannesburg gehou het.
Intussen sê die NUM dat die staking in die konstruksiebedryf Maandag sal begin nadat ‘n dooiepunt tussen die vakbond en werkgewers bereik is wat reeds drie maande duur. Negentig-duisend werkers sal daaraan deelneem
Die ekonoom Dawie Roodt het gewaarsku dat die voortslepende arbeidsonrus besig is om Suid-Afrika se beeld as ‘n bestemming vir beleggings te skaad. Hy sê die Rand se daling kan ook deels toegeskry word aan onduidelikheid oor Amerika se planne met kwantitatiewe verruiming, maar die impak van stakings moenie onderskat word nie. – RSG
Duisende mense sal na verwagting opdaag vir die herdenkingsdiens op Wonderkop by Marikana waar 34 mynwerkers ‘n jaar gelede gedurende onwettige stakings in ‘n polisielokval omgekom het.
Vakbonde, waaronder NUM en Solidariteit, het Amcu se uitnodiging om deel te neem van die hand gewys.
President Jacob Zuma het intussen om kalmte gepleit nadat nog sterftes onlangs by Wonderkop aangemeld is en daar daar sprake van hernude geweld tussen die twee strydende vakbonde NUM en Amcu was.
Hy het die land gevra om 16 Augustus as ‘n dag van gebed en verootmoediging te beskou.
Die NUM en Solidariteit sal aan die herdenking by Marikana deelneem nie. Solidariteit se adjunk-hoofsekretaris – Gideon du Plessis – sê sy vakbond is nie bereid om die verhoog met Lonmin te deel nie.
Die Metodiste Kerk van Suid-Afrika sê intussen geleenthede om die slagting te herdenk, moet met waardigheid plaasvind. Biskop Ziphozile Siwa sê die onderskeie seremonies wat gehou word mag nie politieke ondertone hê nie.
Siwa het ook ‘n pleidooi gelewer vir finansiële ondersteuning vir die Marikana kommissie.
Op 16 Augustus verlede jaar is 34 mynwerkers dood en 78 beseer toe die polisie met skerppunt-ammunisie op onwettige stakers geskiet het.
Familielede en naasbestaandes van die slagoffers sal na verwagting die eerste herdenking van die slagting in Rustenburg bywoon.
Die ANC in Noordwes het by die mynwerkersvakbond, NUM aangesluit en boikot die herdenking omdat dit volgens hulle nie die Marikana-ondersteuningsgroep ondersteun wat die geleentheid georganiseer het nie.
Die ANC sê hulle beskou dit as immoreel en onaanvaarbaar dat ‘n traumatiese voorval die politieke speelveld van sommige partye word.
Die Grondwethof sal vandag ‘n beslissing maak oor of die Staat die regskostes van die mynwerkers moet betaal wat tydens die Marikana voorval gewond of in hegtenis geneem is.
Indien die Marikana kommissie wat die dood van die slagoffers ondersoek nie staatsbefondsing ontvang nie, loop dit die gevaar om uitmekaar te val. Advokaat Dali Mpofu verteenwoordig die mynwerkers.
Hy het die Staat hof toe geneem en gevra dat sy regspan vir hul dienste betaal word, aangesien die privaat instansies nie langer hul weg oopsien om die slagoffers se regspan te ondersteun nie.
Die president van NUM, Senzeni Zokwana is na die beplande Amcu-herdenking van die Marikana-slagting uitgenooi, maar het nog nie aangedui of hy die uitnodiging sal aanvaar nie.
Die mynwerkersvakbond Amcu het sy planne bekendgemaak om die Marikana-gebeurtenis Vrydag te herdenk.
Verlede jaar op 16 Augustus is 34 mynwerkers tydens skermutselings met die polisie doodgeskiet by Lonmin se myn op Marikana in Noordwes.
Die herdenkingsgeleentheid sal by Wonderkop gehou word waar Amcu-lede deur die polisie in ‘n lokval gelei is en afgemaai voor die wêreld se TV-kameras.
Advokaat Dali Mpofu, biskop Joe Seoka en die Amcu-leier Joseph Mathunkwa sal die geleentheid lei.
Die Minister van polisie,NathiMthethwa,hetinMarikanain Noordwes aangekom na dieskietery van ‘nNUM-vakbondverteenwoordigerindie gebied Maandag.
Dieministerhet by dieplaaslike polisiestasie aangedoen vir ‘n inligtingsessiedeur beamptesvoordat hy die gesinvan ‘n mynwerker wat na bewering doodgeskiet is – die 27-jarigeMncediMabhulu –besoek het.
Volgens sekere berigte is dit steeds onduidelikop hierdie stadiumhoe diemynwerkergesterf het, hoewel daar aanvanklik berig is dat sy geskiet is.
Intussen het die polisiegistertoegeslaan opmynhostelle inMarikana en beslag gelê op‘naantal tradisionelewapens.
Intussen dreig die Farlam-kommissie om uitmekaar te val weens ‘n gebrek aan befondsing vir die slagoffers. Privaatfinansiersglodie staat moetdieMarikana–slagoffers seregsverteenwoordiger, Dali Mpofuenander vergoed,en hulle isdushuiwerig omgeld te gee.
Hierdie potensiëlebefondserssluit dieRaith-stigting en dieBlack LawyersAssociation in. Raith het reeds R2 miljoen bewillig.
Verdereuitstelsal nadelig wees virdie kommissie,endie beseerdesen aangeklaagdes moet teenwoordig wees bydie verrigtingeas die kommissiehervatom met sygeloofwaardigheidongeskonde ander kant uit te kom, het waarnemers gesê.
‘n Myner is Maandag doodgeskiet by ‘n woongebied in Wonderkop, naby Lonmin se Marikanamyn buite Rustenburg, het Noordwes-polisie gesê.
Die 44-jarige vrou is in die kop geskiet terwyl sy teruggekeer het van ‘n winkel op Wonderkop om 12:30, het brig. Thulani Ngubane gesê.
“Dit is ‘n myn residensiële gebied wat nie ver van Rowland Shaft is nie en in die nabyheid van die National Union of Mineworkers (NUM) en Association of Mineworkers and Construction Union se kantore by Lonmin.”
Die vrou, wat gewerk het op vier Belt Shaft, was van diens af ten tye van haar dood. Ses 9mm patrone is gevind.
‘n Moorddossier is geopen. Die motief is nog nie bekend nie.
Ngubane kon nie NUM se vroeëre bewering bevestig dat die vermoorde vrou ‘n NUM-organiseerder was nie.
Noordwes se polisie kommissaris Lt-genl Zukiswa Mbombo het ‘n beroep op plaaslike inwoners gedoen om nie te spekuleer oor die motief vir die moord nie.
Vroeër, het NUM se woordvoerder Lesiba Seshoka gesê in ‘n verklaring dat die vrou ‘n vakbondorganiseerder was.
“Ons is teleurgesteld dat te midde van die toenemende sluipmoorde in Marikana en die breër Rustenburg-area, daar nie enige vordering met betrekking tot die inhegtenisneming en vervolging van die verdagtes is nie,” het hy gesê.
“Terwyl baie van die verdagtes bekend is aan die polisie, is nie een in hegtenis geneem of vervolg nie.”
Seshoka het gesê Lonmin-vakbondverteenwoordigers is opdrag gegee om terug te keer om te werk, selfs al het die NUM gewaarsku dat dit nie veilig is nie.
“Die vakbond is bekommerd dat die maatskappy se pre-okkupasie met winste en die polisie se onbevoegdheid kan lei tot ‘n ernstige bloedbad in Rustenburg,” het Seshoka gesê.
Kommentaar van Lonmin was nie onmiddellik beskikbaar nie.
Cosatu het gesê dit is tragies dat die moord gebeur het dae voor die 16 Augustus-herdenking van die Marikana-slagting.
In die vorige week, is 10 mense, onder wie twee polisiebeamptes en twee veiligheidswagte, dood in staking-verwante geweld.
‘n Dreigende staking in die steenkoolbedryf, sal geweldige druk op die land se kragnetwerk plaas.
Die vakbonde, Solidariteit, UASA en die NUM het ‘n geskil met hul werkgewers verklaar en gevra dat loononderhandelinge deur die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie gehoor word.
Die vakbonde het produsente se hersiene aanbod van 7,5% vir ongeskoolde myners en 7% vir geskoolde myners, verwerp.
Motsamai Motlhamme, die sektor se hoofonderhandelaar, sê hulle moet nog sekere kwessies met die KVBA oor die onderhandelinge besleg.
Onderhandelings tussen goudmynmaatskappye en vakbonde sal aanstaande week by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie hervat word.
Die KVBA sê die proses word op die 13de hervat. Die NUM, Solidariteit en UASA het ‘n geskil verklaar ná onderhandelings met die Kamer van Mynwese verlede maand op ‘n dooiepunt uitgeloop het.
Goudprodusente het ‘n verhoging van vyf persent aangebied. ‘n Woordvoerder van Solidariteit, Gideon du Plessis sê die salarisonderhandelings vorder te stadig. Hy sê hulle hoop aanstaande week se onderhandelings sal positiewe resultate oplewer.
UASA het ‘n ooreenkoms met AngloGold Ashanti bereik om kennisgewings oor moontlike afleggings aan werknemers tydelik op te skort.
AngloGoldAshanti het gister aangekondig dat hy twee-duisend bestuursposte wêreldwyd wil afskaf as deel van sy planne om koste te bespaar. Agt honderd van die poste is in Suid-Afrika.
Volgens UASA het die mynhuis ingestem om eerste te vra vir vrywillige aftrede, voordat afleggings oorweeg word. – RSG