Amcu nooi NUM na Marikana-herdenking

marikanabordDie president van NUM, Senzeni Zokwana is na die beplande Amcu-herdenking van die Marikana-slagting uitgenooi, maar  het nog nie aangedui of hy die uitnodiging sal aanvaar nie.

Die mynwerkersvakbond Amcu het sy planne bekendgemaak om die Marikana-gebeurtenis Vrydag te herdenk.

Verlede jaar op 16 Augustus is 34 mynwerkers tydens skermutselings met die polisie doodgeskiet by Lonmin se myn op Marikana in Noordwes.

Die herdenkingsgeleentheid sal by Wonderkop gehou word waar Amcu-lede deur die polisie in ‘n lokval gelei is en afgemaai voor die wêreld se TV-kameras.

Advokaat Dali Mpofu, biskop Joe Seoka en die Amcu-leier Joseph Mathunkwa sal die geleentheid lei.

Die Minister van polisie, Nathi Mthethwa, het in Marikana in Noordwes aangekom na die skietery van ‘n NUM-vakbondverteenwoordiger in die gebied Maandag.

Die minister het by die plaaslike polisiestasie aangedoen vir ‘n inligtingsessie deur beamptes voordat hy die gesin van ‘n mynwerker wat na bewering doodgeskiet is – die 27-jarige Mncedi Mabhulu – besoek het.

Volgens sekere berigte is dit steeds onduidelik op hierdie stadium hoe die mynwerker gesterf het, hoewel daar aanvanklik berig is dat sy geskiet is.

Intussen het die polisie gister toegeslaan opmynhostelle in Marikana en beslag gelê op ‘n aantal tradisionele wapens.

Intussen dreig die Farlam-kommissie om uitmekaar te val weens ‘n gebrek aan befondsing vir die slagoffers. Privaatfinansiers glo die staat moet die Marikana–slagoffers se regsverteenwoordiger, Dali Mpofu en ander vergoed, en hulle is dus huiwerig om geld te gee.

Hierdie potensiële befondsers sluit die Raith-stigting en die Black Lawyers Association in. Raith het reeds R2 miljoen bewillig.

Verdere uitstel sal nadelig wees vir die kommissie, en die beseerdes en aangeklaagdes moet teenwoordig wees by die verrigtinge as die kommissie hervat om met sy geloofwaardigheid ongeskonde ander kant uit te kom, het waarnemers gesê.

4 thoughts on “Amcu nooi NUM na Marikana-herdenking”

  1. Hierdie twee faksies Amcu en NUM gaan weer goed onder mekaar inklim. Dis lekker om op die pawiljoen te sit en die spel terdeë te geniet.
    Ek lees dat ewe skielik is Amcu lede deur die polisie in ‘n lokval gelei. So ‘n bekende karaktertrek, dat al doen hulle wat en dit loop uit op ‘n probleem is dit iemand anders se skuld.

    1. Dit was ‘n lokval. Kyk na die sketse van die voorval saam met iemand wat verstaan wat TEIN-Plattelands beteken. Daar was net een ontsnappingsroete uit die “kraal” wat die polisie om die “stakers” getrek het, maar binne in daardie opening was die polisie se skermuselingslyn (skirmish line) soos ‘n stoppergroep. Toe die spul hamba was daar net een rigting om in te hardloop – reg in die stoppergroep in. Dit maak nie saak wie in daardie stoppergroep gewees het nie, dit bly my verbaas dat daar so min doodgeskiet is.

Maak 'n opvolg-bydrae