Ulundi glo broeines van politieke onverdraagsaamheid

moordNog niemand is in hegtenis geneem in verband met die dood van die ANC-voorsitter op Ulundi in KwaZulu-Natal nie.

Makhosonke Msibi is Sondagaand voor sy huis doodgeskiet na sy terugkeer van ‘n ANC-vergadering op KwaNongoma.

Ulundi en KwaNongoma het die afgelope jare bekend geraak as ‘n broeines vir politieke onverdraagsaamheid wat tot talle gewelddadige sterftes gelei het.

Intussen het die minister van Polisie, Nathi Mthethwa, aangedui dat hy Msibi se familie vandag sal besoek.- RSG

11 thoughts on “Ulundi glo broeines van politieke onverdraagsaamheid”

Maak 'n opvolg-bydrae