Inwoners van die swart woonbuurt Ga-Seleka by Ellisras (Lephalale) in Limpopo het oproerig geraak oor afleggings by die Medupi-kragstasie. Hulle het met geweldadige protesoptrede begin teen die ontslag van werkers by die aanleg. Die polisie is tans in die gebied ontplooi. Die kragstasie nader uiteindelik voltooiing nadat die werk weens arbeidsonrus maande lank gesloer het.
Lees verder: Medupi: Swart woonbuurt in oproer oor afleggings
