
Inwoners van die swart woonbuurt Ga-Seleka by Ellisras (Lephalale) in Limpopo het oproerig geraak oor afleggings by die Medupi-kragstasie.
Hulle het met geweldadige protesoptrede begin teen die ontslag van werkers by die aanleg.
Die polisie is tans in die gebied ontplooi.
Die kragstasie nader uiteindelik voltooiing nadat die werk weens arbeidsonrus maande lank gesloer het.
Meer as tweeduisend poste sal vanjaar verlore gaan by Medupi wanneer verskeie projekte ten einde loop.
Die gesamentlike projekspan het begin om die werkmag van 17.000 te verminder na 800 wanneer die aanleg voltooi is.
Eskom en sy hoofkontrakteurs het vaardigheidsopleiding beskikbaar gestel aan werkers om vir die grootskaalse werkloosheid wat gaan volg te probeer vergoed.
Paaie is met brandende bande en klippe versper.
Busse wat werkers vervoer na die kragstasie, word verhoed om te ry.
Die betogers is glo ontstoke omdat plaaslike werkers geteiken word.

Die mentaliteit darem
As jy nie verstaan nie ……breek af ……….
Dis vir my verbasend dat al die geweld oor te kort aan beurse, werk ens. deur SWARTES gedoen word. Hier sit die witman op die kantlyn, baie het hulle werke verloor agv Mr Black en jy sien nêrens hulle breek, brand of gooi klip nie! Ordentlikheid word ingebore lyk dit my!
Ons is te verdomp ordentelik – dit was nog altyd die blanke se probleem in Afrika.
Ons is darem heeltemal anders. Wanneer afleggings ons in die gesig staar maak ons ‘n plan en in die meeste gevalle is ons beter af na afleggings as daarvoor.
Die onnoselheid darem. Tydens konstruksie het jy ‘n enorme span nodig. Daarna net ‘n onderhoudspan – Dit is die rede hoekom ingenieurs die grootste groep trekarbeiders in die wêreld is.
Hulle sal nou ook maar moet trek na die volgende projek toe om te kan werk.
Pragtig, dis “Powerfull”
Die geweld en skade gaan die probleem, HOE oplos?
Orde en dissipline het ophou bestaan.
Dit gaan nou soos ‘n sneeubal groei, en nie Zuma of sy “Magte” gaan dit keer nie.
Die blankes kan maar begin verdedigings planne in plek kry.
As dit nog meer gaan vererger, is hierdie jaar se stemmery ook net ‘n droom.