Winnie sonder ‘n sent

Winnie en Graca
Winnie en Graca

Nelson Mandela se tweede vrou, Winnie Madikizela-Mandela het nie ‘n sent ontvang van die voormalige staatshoof nie.

Madikizela-Mandela en Mandela is geskei in 1996 na ‘n huwelik van 38 jaar.

Madikizela-Mandela het na bewering R20 miljoen, die helfte van Mandela se bates, geëis met die egskeiding, maar haar eis was onsuksesvol.

Die anti-apartheidsveteraan is heeltemal oorgesien Maandag deur die eksekuteurs wat die testament in Johannesburg voorgelees het.

Haar kinders en kleinkinders is die begunstigdes.

Mandela het R3 miljoen elk vir hul twee kinders Zenani Mandela-Dlamini en Zindzi Mandela geskenk voor sy dood en hulle sal voorts niks ontvang nie.

Daar is ook drie trusts waarin daar glo aansienlike bedrae geld is, baie meer as die R46 miljoen wat ivm Mandela se erflating genoem is.

Daar word vermoed dat die kinders sal probeer om die trusts tot niet te laat verklaar deur die howe om die geld in die hande te kry.

Prokureurs sê Graca Machel, Mandela se derde vrou, sal waarskynlik van haar reg om helfte van die Mandela-boedel afstand doen en vier eiendomme in Mosambiek en ander bates, insluitend motors en juweliersware ontvang.

As sy dit doen, sal die twee kinders van haar en die afgestorwe president Samora Machel R3 miljoen elk ontvang en ses kinders uit Samora Machel se vorige huwelik 100000 rand elk erf.

Wat die Mandela-dogters betref sal Zenani se kinders – Zinhle , Zaziwe en Zamaswazi – R100 000 elk ontvang.

Bambatha, Zondwa, Zwelabo en Zoleka – wat Zindzi se kinders is – sal ook R100 000 elk kry.

Mandela se agterkleinkind, Zozuko Mandela (Zamaswazi se kind) sal insgelyks R100 000 kry van die boedel.

Adjunk-Hoofregter Dikgang Moseneke het Maandag aan verslaggewers die inhoud van Mandela se testament voorgehou.

8 thoughts on “Winnie sonder ‘n sent”

  1. 3 miljoen hier, 3 miljoen daar, 100000 randjie hier en daar…….VER van 46 miljoen rand af! Waar gaan die ander heen? So die moer het meer gehad as 46 miljoen want daar is nog trusts ook met BAIE meer as 46miljoen!!! Bliksem maar sy velcro vingers HET oortyd gewerk!

  2. G’n wonder die spul wou hulle hande op “sy goed” lê voordat hy amptelik lepel in die dak gesteek het. Winnie is ‘n oppurtunis – sy gaan hierdie deur sy kinders defenitief probeer baklei. Ek wil ook voorspel dat sy ‘n groter rol in die EFF gaan begin speel (Die se politiek en hare is veel nader aanmekaar as bv die ANC s’n)

  3. Ag ek moet net sê, my tone krul nogsteeds om van lekker kry oor hierdie opskrif! Sy’s gedagvaar vir die duisende rande skoolgeld wat nooit betaal is nie, yada yada yada. Miesies, ek hoop jy sit bitter baie vinnig met jou dik swart gat op die straat, VIVA – STOMPIE – VIVA!!

Maak 'n opvolg-bydrae