Dr. Mamphela Ramphele, leier van Agang SA, is geskors uit haar party met die volle steun van alle lede teenwoordig.
Mike Tshishonga, partyvoorsitter, sal intussen as president waarneem, het Beeld berig.
Ramphele is Sondag in haar afwesigheid op ’n vergadering van die party in Alexandra, Johannesburg, uitgeskop.
Andries Tlouamma, adjunkpresident van Agang SA, sê Ramphele het die party in “oneer gebring” nadat sy by beweerde bedrog betrek is.
Duisende rande deur die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) aan Agang SA is in ’n verkeerde rekening betaal waaroor Mampie-Rampie beheer gehad het.
Ondersteuners van Mampie-Rampie het met ’n hofinterdik gepoog om die vergadering te keer, maar die aansoek is van die hand gewys.
Die leier van Agang SA, Mamphela Ramphele, sal nie haar party in die Parlement verteenwoordig nie.
Dié besluit is geneem nadat daar die week ‘n bakleiery uitgebreek het oor die twee beskikbare poste.
Daar was selfs sprake dat Mampie-Rampie dit oorweeg om te bedank.
Ramphele is beskuldig daarvan dat sy die Kaapstadse prokureur Andrew Gasnolar voorgestoot het ten spyte van sy lae posisie op die lys.
Die Gauteng-tak se keuse was haar adjunk, Andries Tlouamma. Die eerste krake het verskyn toe verkiesingsuitslae wys dat die party slegs ‘n enkele parlementêre setel sal kry.
Mampie-Rampie het toe gesê sy wil die handdoek ingooi. Tlouamma en Gasnolar is in posisies twee en ses onderskeidelik op die party se lys van kandidate vir die parlement, maar die leier het dié twee aangewys.
Maar dinge het verander nadat Agang twee parlementêre setels gekry het. Daar word beweer dat Mampie-Rampie toe skielik aangedui het dat sy self sal gaan.
“Sy het gesê sy is nou beskikbaar, maar wou nie na die parlement met Andries [Tlouamma] nie,” het ‘n bron gesê.
Die party sê nou die Koördineerder van die Nasionale Jeugforum, Nyameka Mgozulo en die voorsitter, Mike Tshishonga sal die twee Parlementêre setels opneem wat die party in die algemene verkiesing gewen het.
Ramphele het gesê sy sal voortgaan om die party te bou voor die plaaslike regeringsverkiesing in 2016.
Sy sê die pas afgelope verkiesing het hulle geleer dat hulle nie hulle boodskap behoorlik aan die kiesers oorgedra het nie en hulle sal harder moet werk.
AgangSA het R20 miljoen van ‘n buitelandse skenker voor die verkiesing gekry, maar kon niks daarvoor wys nie.
Die regering sê geen geweld of ontwrigting sal tydens die algemene verkiesing op die Mei 2014 geduld word nie, het RSG berig.
Die ANC sê hy is vol vertroue dat die Onafhanklike Verkiesingskommissie ‘n geloofwaardige en regverdige verkiesing sal aanbied.
Die ministers in die veiligheidsgroepering het Maandag die media in Pretoria toegespreek en verklaar dat die regering gereed is vir die verkiesing. Hulle sê hulle verwag dat alles vlot sal verloop, ondanks sekere interne kwessies by die OVK.
Die Onafhanklike Verkiesingskommissie het intussen op sy beurt die versekering gegee dat hy voorbereid is op enige uitdagings wat moontlik tydens die komende verkiesing kan opduik.
Dit sluit in die moontlikheid van bedorwe stembriewe, nadat die voormalige minister van intelligensie, Ronnie Kasrils ‘n beroep op kiesers gedoen het om dié uitweg te kies indien hulle nie vir die huidige ANC kan stem nie.
Nelson Mandela se lewenslange vriend, George Bizos, sê om stemme te bederf of nie te stem nie, weerspreek alles waarvoor Madiba gestaan het.
Hy het in Johanensburg gereageer op veldtog wat vandag deur onder meer die voormalige intelligensie-minister, Ronnie Kasrils geloods word.
Bizos sê hy sal definitief sy stem op 7 Mei bederf nie, want dit is ‘n reg waarin Nelson Mandela baie sterk geglo het. Die veldtog is deur verskeie politieke partye veroordeel.
Die hoof van die OVK in die Noord-Kaap, Bonolo Modise sê daar was bykans 7000 bedorwe stembriewe in die 2009 verkiesing.
‘n Stembrief word as bederf geklassifiseer indien dit nie duidelik is vir wie die kieser gestem het nie.
Die leier van die UDM, Bantu Holomisa sê regstappe sal geneem word om die voorsitter van die OVK, Pansy Tlakula te dwing om te bedank.
‘n Groep opposisiepartye het Tlakula tot die einde van sake-ure gister tyd gegee om te reageer op hul oproep dat sy moet bedank.
Die groep sluit na bewering die UDM, die EFF, Cope, Agang SA, Azapo, die ACDP en die UCDP in.
Hulle eis Tlakula se bedanking as gevolg van die Openbare Beskermer, Thuli Madonsela se bevindinge dat Tlakula skuldig is aan ongerymdhede in verband met ‘n tenderproses by die OVK.
Die leier van Agang, Mamphela Ramphele het vroeër gesê die verkiesingskommissie kan nie deur iemand gelei moet word wat onder verdenking van korrupsie is nie.
Die EFF-leier Julius Malema het meer Twitter-volgelinge as die amptelike opposisie-leier, Helen Zille.
Die hoof uitvoerende beampte van Apurimac Media het Dinsdag gesê die sosiale media gee politici insig oor hoe hul politieke veldtogte deur aanlyngehore voor die algemene verkiesing ontvang word.
Die verkiesing van 2014 is Suid-Afrika se eerste digitale verkiesing.
Die EFF van Malema het die meeste Twitter-volgelinge, met 426.755, gevolg deur die Demokratiese Alliansie met 391.811.
ANC-president Jacob Zuma het 314.149 Twitter.volgelinge, terwyl Agang SA se leier Mamphela Ramphele net 40.066.
Tussen 8 en 14 Maart het Zille 43 keer getwiet, Malema 13 keer, Ramphele 9 keer en Zuma nie een keer nie.
Zille het ‘n “betrokke” Facebook-gehoor, met 6463 gebruikers wat klets oor die kommentaar sy pos, in vergelyking met Malema se 142 en Ramphele se twee.
Niemand het met Zuma gesels nie. Bronne binne die DA sê die Facebook-stryders word aangesê om die blad lewendig te hou.
In terme van Facebook se “hou van”, was Malema aan die voorpunt met 79.700, Zuma met 38.776 , gevolg deur Ramphele met 2496.
Zille het geen gehad nie, want sy het nie ‘n toegewyde Facebook-onderwerpblad nie.
Die DA het die meeste Facebookvriende, met 71.377, die EFF het 64.477 en die ANC het 58.176.
Zille in haar kombuisbediende-mondering, sweep swart gemoedere op oor grond
Die DA en Agang se openbare gesoenery het toe niks vermag nie. Dr. Mamphela Ramphele en Helen Zille se baie kortstondige politieke bondgenootskap het binne net enkele dae in ‘n openbare vyandskap geëindig.
Dit volg na ’n ultimatum wat Zille aan Ramphele gestel het om deel te neem aan ‘n optog na Luthuli-huis teen die ANC. Ramphele – wat waarskynlik na ANC-vermanings besef het dit sou tot geweld lei – was beslis dat sy nie tot so iets ingestem het nie
Zille het Mampi-Rampi daarvan beskuldig dat “sy nie vertrou kan word nie”. Die DA-leier het pas ‘n grootskaalse swartsmeerskinderveldtog teen haar “beste vriendin” van stapel gestuur in ‘n poging om haar eie voortvarende politieke onbeholpenheid toe te smeer.
Die DA-leier, wat self met ‘n vertrouensprobleem en haar eie grootheidswaan worstel, het Sondagaand in ’n verklaring bevestig dat die DA en Agang SA se paaie gaan skei.
Die onverwagse vyandskap sal Maandag in afsonderlike nuuskonferensies in Johannesburg belig word.
Volgens die DA het hulle nuutaangewese presidentskandidaat in die komende verkiesing die ooreenkoms tussen die twee partye verbreek.
Ingeligte bronne binne die DA sê Zille is woedend omdat sy dit nie kon regkry om Mampi-Rampi se manipuleer nie.
Uiteraard sal dit beteken dat Mampi-Rampi ook nie meer die DA in die voorste gestoeltes in die komende algemene verkiesing sal verteenwoordig nie.
Ramphele se woordvoerder, Andrew Gasnolar, het Sondagaand bevestig dat sy nie meer die DA se presidentskandidaat sal wees nie.
Zille sê Ramphele het die die media, Agang-ondersteuners en die DA mislei deur aan elkeen ‘n ander verhaal voor te hou.
In werklikheid het Zille haarself en haar party met haar eie egoïstiese ywer en leë beloftes gesink.
Sy het deurentyd names Ramphele besluite geneem terwyl sy nie tred gehou het met die anti-DA sentiment onder Agang se ondersteuners nie. Praag het verlede week oor die ontevredenheid onder Agang-kiesers oor die skielike samesmelting berig.
Dié onverkwiklike toestand wat deur Zille se aandagsug meegebring is, het die ooreenkoms tussen die twee vryers gou laat versuur.
Beeld het Maandag Zille se beeld probeer red met ‘n emosiebelaaide, karakterskendende aanval teen Mampi-Rampi.
Agang SA se leier Mamphela Ramphele staar ‘n interne opstand in die gesig, met woedende amptenare en die plaaslike leiers wat sê hulle is “gebruik” en “verraai”.
Haar eertydse ondersteuners sal haar ook nie na die DA volg nie, want dit is ‘n “wit party”.
Hulle het Ramphele daarvan beskuldig dat sy Agang SA vir selfsugtige redes verlaat het.
Hulle het gesê sy was nie deursigtig oor haar geheime samesmeltingsgesprekke met die DA nie.
Die DA-leier Helen Zille het Ramphele as die DA se presidensiële kandidaat vir die 2014-verkiesing aangewys.
Agt Agang-leiers en senior party-amptenare het aan The Star gesê hulle sal nie vir Ramphele na haar nuwe tuiste volg nie.
Ontevrede lede sou na verwagting Dinsdagnag ‘n krisisvergadering by die party se hoofkwartier hou.
Volgens The New Age sal Agang SA die algemene verkiesing met ‘n ander leier tegemoet gaan.
“Ons leier neem ons waar ons nog nooit wou gaan nie. As sy ‘n samesmelting met die DA wou gehad het, moes sy ons eerste geraadpleeg het,” het die waarnemende Agang Gauteng sekretaris Yako Sakhiwo aan die koerant gesê .
Pule Monama , ‘n lid van Agang se Nasionale Adviesraad , beskryf Ramphele se besluit as ‘n terugslag vir die mense in nedersettings wat gehoop het dat daar ‘n “nuwe begin sou wees, [‘n party] wat werklik wou veg en hul diensleweringsprobleme sou oplos”.
Ramphele het nie gereageer op oproepe en ‘n SMS-boodskap nie.
Die leier van die DA, Helen Zille het pas haar swart vriendin asook haar eie se politieke loopbaan gered.
Zille het aangekondig dat Mamphela Ramphele, ook bekend in die volksmond as Mampi-Rampi, sal staan as die DA se presidensiële kandidaat.
Die twee partye het ook die oprigting van “gesamentlike tegniese komitee” tussen DA en Agang SA aangekondig.
Ramphele het gesê sy voel geëerd om die DA se uitnodiging te aanvaar. Zille het haar daarna ‘n drukkie gegee en gesê: “Welkom , Mamphele.”
Sy het gesê die belangrikste ding is dat die twee partye dieselfde waardes deel en dat dit ‘n stap in die nuwe rigting van die bou van ‘n nuwe SA beteken wat sal lei tot ‘n “fundamentele herskikking van die politiek.”
Die Burger berig dat die DA en Agang SA Dinsdagoggend sal aankondig dat dié twee partye saamsmelt.
Volgens Die Burger is dit ikabod vir dr. Mamphela Ramphele se party, wat minder as ’n jaar oud is en miljoene in skenkersgeld uit die VSA ontvang het.
Helen Zille, DA-leier, sal glo binnekort ‘n aankondiging van “nasionale belang” maak.
Onderhandelings tussen die DA en Agang SA het verlede jaar platgeval en Ramphele het daarna besluit om die haar eie party te stig.
Intussen het sy met die DA in Kaapstad vergader oor besonderhede van die samesmelting. Daar word beweer dat Ramphele steeds ‘n hoë profiel wil handhaaf.
Agang SA sê in ‘n verklaring op sy webwerf dat die gerugte “geïgnoreer” moet word dat Ramphele op die DA se lys van kandidate vir die verkiesing verskyn.
“Ons maak geen geheim van die feit dat ons praat met ander partye in Suid-Afrika nie. Ons maak geen geheim van die feit dat al die partye en burgers nodig het om saam te staan teen die ANC en diegene wat ons hulpbronne wil gebruik om hul eie ego’s te befonds en lewenstyl …
“Daar is ‘n buitengewone venster van geleentheid wat geopen het sedert Madiba se dood en die verbrokkeling van die Drieparty-alliansie.
“Ons sal voortgaan om burgers te inspireer om die land eerste te stel in hul keuse van leierskap en samewerkingsgeleenthede,” lui die verklaring.
Die leier van Agang SA en voormalige amptenaar van die Wêreldbank, Mamphela Ramphele, sê haar party se visie is om die Grondwet te beskerm deur korrupsie uit te skakel.
Sy het deelgeneem aan ‘n bespreking saam met die voormalige leier van die DA, Tony Leon, voor lede van die Joodse gemeenskap in Kaapstad, wat gehou is by Maraisstraat se Sinagogesaal in Seepunt. Dié gemeenskap verteenwoordig die grootste Ortodokse Joodse gemeente in Suid-Afrika.
Die voorsitter kon nie haar naam uitspreek nie en het haar voorgestel as “Ramfielie”. Sy het haar naam stadig en uitdruklik herhaal met die harde p-klanke toe sy die mikrofoon vat.
Volgens Ramphele is korrupsie die kern van die stryd vir baie van diegene wat steeds opsy geskuif word, het RSG berig.
Ramphele sê haar party is ingestel op verantwoordbaarheid en goeie regering en hulle wil met die staatsdiens begin, want die land kort ‘n staatsdiens wat professioneel is en nie korrup nie. Die onderwerp was “Liberalisme in 2014”.