Polisie in Thabazimbi ontplooi na xenofobiese geweld

Die polisie op Thabazimbi in Limpopo is op hoë gereedheid nadat winkels van buitelanders die afgelope twee dae aangeval, geplunder en aan die brand gesteek is. Polisiewoordvoerder Ronel Otto sê elf mense is gearresteer en sal aangekla word van openbare geweld, huisbraak en die besit van gesteelde goedere. Xenofobiese aanvalle het versprei na Limpopo waar

Lees verder: Polisie in Thabazimbi ontplooi na xenofobiese geweld

Staatsaanklaer in hof oor bedrog

‘n Staatsaanklaer van die Galeshewe landdroshof in Kimberley verskyn weer op 22 Mei in die hof op ‘n aanklag van bedrog, nadat hy glo tussen R1500 en R2500 omkoopgeld gevra het om ‘n saak terug te trek. Dit spruit uit ‘n beweerde voorval op 3 April, terwyl Anele Kohlani betrokke was by ‘n aanrandingsaak. Noord-Kaapse

Lees verder: Staatsaanklaer in hof oor bedrog

Nigerië nader Internasionale Strafhof oor SA se xenofobie

‘n Nigeriese menseregte-organisasie het die Internasionale Strafhof (ICC) in Den Haag genader om ‘n klag van haatspraak teen die Zoeloekoning Goodwill Zwelithini te ondersoek. Dié hof ontvang maandeliks duisende sulke klagtes wat tans op niks uitloop nie. Na vele klagtes teen slegs Afrika-staatshoofde ontvang is, is die instelling gekritiseer as ‘n politieke instrument sonder regskrag,

Lees verder: Nigerië nader Internasionale Strafhof oor SA se xenofobie

Wits tree op teen Hitler-liefhebber

Die Visekanselier en Rektor van die Universiteit van die Witwatersrand, Professor Adam Habib, het gevra dat daar ondersoek ingestel word na die voorsitter van Wits se Studenteraad, Mcebo Dlamini. Dlamini het die naweek in ‘n Facebook-inskrywing gesê hy is ‘n groot bewonderaar van Adolf Hitler en dat alle wit mense ‘n element van Hitler in

Lees verder: Wits tree op teen Hitler-liefhebber

Mosie slaag om provinsie Kotane te noem

Die ANC in die provinsiale wetgewer in Noordwes het sy meerderheid gebruik om ‘n mosie goed te keur om die naam van die provinsie na Moses Kotane te verander. Kotane, ‘n veteraan van die ANC, se oorskot is verlede maand in Moskou opgegrawe en in sy tuisdorp Phela herbegrawe. Die Speaker van die provinsiale wetgewer,

Lees verder: Mosie slaag om provinsie Kotane te noem

Kenners het Nepal-ramp voorspel

Die grootste tragedie in Nepal, wat Saterdag deur ‘n massiewe aardbewing getref is en duisende mense dood of haweloos gelaat het, is dat daar twee weke gelede reeds ‘n vergadering gehou was waarin kundiges hierdie aardbewing voorspel het. Dit is volgens Prof. Dewald van Niekerk, Direkteur van die Afrika-Sentrum vir Rampstudies, wat in Potchefstroom gebaseer

Lees verder: Kenners het Nepal-ramp voorspel

Malawiese burgers vertrek huiswaarts

Meer as duisend Malawiese burgers vertrek vandag uit Suid-Afrika as deel van ‘n repatriasie-program vir diegene wat die afgelope tyd deur geweld teen buitelandse burgers geraak is. Vier-en-twintig busse sal vanoggend uit Midrand, noord van Johannesburg na Malawi vertrek, het RSG berig. Die noodlenigingsorganisasie Gift of the Givers sê hulle werk saam met die regerings

Lees verder: Malawiese burgers vertrek huiswaarts

Zuma by SAOG-vergadering oor minerale

President Jacob Zuma sal die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap se buitengewone beraad oor nywerheidsontwikkeling vandag in Harare in Zimbabwe saam met ander streeksleiers bywoon. Suid-Afrika se ministers van Internasionale Betrekkinge, Handel en Nywerheid, en Finansies sal die president vergesel. Die beraad volg nadat SAOG-lede verlede jaar by ‘n vergadering besluit het dat ‘n konsepstrategie oor waardetoevoeging tov

Lees verder: Zuma by SAOG-vergadering oor minerale

Brande woed steeds in Baltimore

Brande het gister steeds in die noordoostelike Amerikaanse stad Baltimore gewoed, waar ’n aan­dklokreël gisteraand ingestel sou word nadat onluste Maandag tot diep in die nag voortgeduur het. Die deelstaat Maryland het ’n noodtoestand afgekondig nadat betogers winkels geplunder en met armsvol buit ontsnap het. Skole is gister as ’n veiligheidsmaatreël gesluit. Die volle omvang

Lees verder: Brande woed steeds in Baltimore

Geld reën na treinbotsing

‘n Botsing tussen twee treine by die Denverstasie in die suidooste van Johannesburg Dinsdag, waarin 240 mense beseer is, het die lewe van een passasier geëis. ‘n Business Express-trein by die Denver-stasie suidoos van Johannesburg het teen ‘n stilstaande Metroplus-trein gebots. ‘n Woordvoerder van die Spoorveiligheidsreguleerder, Babalwa Mpendu, sê hulle het teen laat gistermiddag die

Lees verder: Geld reën na treinbotsing