Sogenaamde slagoffers van apartheid in Suid-Afrika kan nie voortgaan met regsgedinge teen die motorvervaardiger, Ford en die rekenaarreus IBM, oor hulle destydse sakebedrywighede in Suid-Afrika nie.
Dié maatskappye het glo meegewerk om die destydse stelsel in stand te hou, volgens eisers.
‘n Amerikaanse federale appèlhof in New York het egter beslis dat swart Suid-Afrikaners nie kon bewys dat Ford en IBM tot so ‘n mate betrokke was om enige regsgedinge oor hulle beweerde betrokkenheid by menseregteskendings te regverdig nie.
Die eisers het die hof genader na aanleiding van ‘n wet van 1789 ingevolge waarvan nie-Amerikaanse burgers skadevergoeding in Amerikaanse howe kan eis vir menseregteskendings in die buiteland.
Die Universiteit van die Vrystaat het twee weke om verdediging aan te teken en daarna ‘n verdere drie weke om ‘n verweerskrif te liaseer in ‘n skadevergoedingsaak.
Twee voormalige Kovsies, Charl Blom en Cobus Muller, eis R6,15 miljoen van die instansie en sy rektor, Jonathan Jansen.
Die eis spruit uit ‘n voorval waarin die twee verlede jaar van poging tot moord aangekla is en later deur die hof en menseregtekommissie onskuldig bevind is. Hulle is kort na die voorval geskors en die kampus belet.
Hul regsverteenwoordiger, Werner Human, sê hoewel hy nie die inhoud van die eis kan bespreek nie, kan hy wel bevestig dat so ‘n eis bestaan.
Human sê die studente het aanvanklik R1 miljoen geëis, maar dit het slegs betrekking op die laster-eis.
Volgens ‘n verklaring gaan die UV die eis teenstaan.
Eise van meer as R6 miljoen teen die Universiteit van die Vrystaat (UV) en sy rektor, prof. Jonathan Jansen, is in die Vrystaatse hooggeregshof ingedien.
Twee oudstudente van die UV, Cobus Muller van Pongola en Charl Blom van Hertzogville, eis saam R5,15 miljoen in skadevergoeding van die UV, Jansen en prof. Teuns Verschoor, ‘n tugbeampte.
Die eise vir skadevergoeding en laster is Donderdag deur die balju beteken.
Muller en Blom eis elkeen R500 000 vir laster in twee ope e-posse wat die rektor op 20 Februarie verlede jaar aan al die studente van die UV gestuur het.
Die eise spruit uit ’n voorval die aand van 18 Februarie 2014 toe ’n bakkie met Muller agter die stuur en Blom langs hom byna vir Muzi Gwebu, ’n medestudent, op die kampus getref het.
Die voorval is as ‘n “rassevoorval” voorgehou en die twee is geskors en strafregtelik aangekla. Hulle is later in die Bloemfonteinse streekhof op alle aanklagte vrygespreek en ook deur die Menseregtekommissie, wat die aangeleentheid ondersoek het, onskuldig bevind.
Jansen het in sy eposse verwys na “walglike dade van geweld”, “ ’n verskriklike voorval” en ’n “onreg”. Hulle word beskryf as “misdadigers” wat “hulle swak gedra”, wat “gewelddadige en haatlike mense is”, “gewetenloos” en “oortreders” wat “nie by hul sinne (was) nie”.
Die e-posse is deur die UV en Jansen op Facebook en Twitter versprei.
‘n Botsing tussen twee treine by die Denverstasie in die suidooste van Johannesburg Dinsdag, waarin 240 mense beseer is, het die lewe van een passasier geëis.
‘n Business Express-trein by die Denver-stasie suidoos van Johannesburg het teen ‘n stilstaande Metroplus-trein gebots.
‘n Woordvoerder van die Spoorveiligheidsreguleerder, Babalwa Mpendu, sê hulle het teen laat gistermiddag die ondersoek voltooi.
Mpendu sê ‘n kommissie van ondersoek sal aangestel word om die oorsaak van die ongeluk te bepaal, en sal na verwagting Woensdag ‘n voorlopige verslag uitreik oor die botsing.
Die Reguleerder sal glo binnekort aanbevelings aan PRASA doen oor hoe sulke voorvalle in die toekoms vermy kan word.
Die passasierspooragentskap PRASA het die passasiers wat in die treinongeluk beseer is aangemoedig om van Woensdag af te registreer vir vergoeding.
‘n Woordvoerder van PRASA, Lucky Montana sê R25 miljoen is beskikbaar gestel om passasiers met geringe beserings te vergoed, en bedrae van tussen R7500 en R15 000 sal uitbetaal word.
Instapsentrums is by Pretoriastasie en Parkstasie in Johannesburg ingerig waar passasiers vergoeding kan eis.
Volgens Montana het die passasiers nie regsverteenwoordigers nodig nie, maar hulle sal wel mediese verslae moet toon van die twee hospitale waar die beseerdes behandel is.
Die siviele geding teen Sasol, vir skade wat verband hou met longsiektes, beloop R80 miljoen en moet glo as ‘n waarskuwing vir die hele steenkoolbedryf dien.
Dit is volgens menseregteprokureur Richard Spoor wat die 22 huidige en voormalige Sasol steenkoolmynwerkers by Secunda in Mpumalanga verdedig.
Volgens Sake24 het Spoor ‘n klasaksie-eis in die Suid-Gautengse hooggeregshof in Johannesburg ingedien vir skadevergoeding nadat die mynwerkers na bewering aan steenkoolstof blootgestel is en longsiektes opgedoen het.
Alex Anderson, ‘n Sasol-woordvoerder, sê dat die myn tyd nodig het om die dokumente te bestudeer, maar dat die beskerming van die gesondheid en veiligheid van werkers met groot erns beskou word.
‘n Swart vrou van Lynnwood, Pretoria se antwoord aan die polisie dat sy “mnr Malema” gaan bel ná ‘n woordewisseling met hulle, het die SAPD in die moeilikheid laat beland.
Die Pretoria-streekhof het beveel dat die Minister van Polisie R65 000 aan Mashudu Malema, 24, moet betaal na aanleiding van die voorval.
Mashudu het 11 uur in ‘n polisiesel deurgebring nadat sy in hegtenis geneem is omdat lede van die SAPD ontsteld geraak het toe sy hulle met haar selfoon afgeneem het en vir hulle gesê het sy gaan haar pa, “mnr Malema” bel.
Mashudu wou in werklikheid haar pa bel – mnr Malema – want hy het ‘ n bietjie kennis van die wet en sy was bang. Die beampte het egter gedink sy verwys na die Ekonomiese Vryheidsvegters se leier Julius Malema.
Die voorval het op 11 September 2012 plaasgevind, toe Mashudu en haar destydse kêrel, net bekend as Thabo, deur die polisie gestop is by die Willows Crossing-winkelsentrum.
Volgens hofstukke het die polisie gesê Thabo ruik na alkohol en hy moet terug in sy voertuig en hulle volg om ‘n alkoholtoets te neem.
Maar die polisie het toe gestop buite ‘n gebou in Faerie Glen. Mashudu was nie seker wat gebeur het nie en het besluit om ‘n video-opname van die gebeure op haar foon te neem.
Die polisie was baie aggressief en het haar beveel om op te hou. Hulle het vir haar gesê dat dit teen die wet is dat sy in hegtenis geneem sal word.
Mashudu is vertel die selfoonopname is “crimen injuria” en haar verwysing na Malema is “politieke inmenging”.
“Ek het nooit vir hulle gesê my pa is Julius Malema nie. Hulle het net aanvaar dit is so. Dit was gek, want daar was ten minste vyf polisievoertuie . Hulle was aggressief en het probeer om my selfoon te gryp uit my hande en hulle het my rondgestamp.
“Ons het geen idee gehad wat aan die gang was nie. Ek is in ‘n polisievoertuig gestamp en na die Garsfontein-polisiekantoor geneem, waar ek in ‘n vuil , bebloede sel geplaas is,” het sy in hofstukke gesê.
Na 11 ure in die sel het ‘n adjudant-offisier vir haar gesê sy is vry om huis toe te gaan. Hy het gesê hy het gekyk na haar lêer en dit was duidelik dat sy in hegtenis geneem is vir geen rede nie.
Die polisie ontken enige oortreding of enige kennis van die voorval. Hulle het nogtans ingestem om die skadevergoeding te betaal voordat die saak op verhoor in die Pretoriase streekhof gaan.
‘n Inwoner van IvoryPark wat aan motors werk, hetR1.29miljoenontvang in ‘n tussentydse skikking nadat hysy linkerarm verloor het toe die polisiehom geskiet het, het TheStarDinsdag berig.
NtantiseDanielTaliwe,37,het dieskikkingmet die polisie bereik,nadat hy aanvanklikmeer asR10 miljoeninskadevergoeding geëis het.
Die saakis nooit gehoor nie aangesien die minister van polisieinsy amptelike hoedanigheid, totaleaanspreeklikheid erken het.
Taliwewas besig om aan ‘n motor te werk saam met drievriendeop 19 Augustus2004,toe hulle hoordat skote klap,volgens die verslag.
Sy vriendehet weggehardloop, maarTaliwe is getref met ‘n koeëlvan agter.Die koeëlhet in dielinkerkant van sybors ingegaan, en ‘n slagaar beskadig.
Hyhet ‘n operasie gehad om die sirkulasiete herstel nasy arm,en ‘ntweede operasieweensgangreen,wat daartoe gelei het dat sy armgeamputeer moes wordbokant die elmboog.
Dieskikking is ten opsigte vanvorige en dietoekomstige verlies aaninkomste enskadevergoeding bereik.
Die koeranthet gesê die polisiehet geen verduidelikingvir die skietery gegee nie. – Sapa