Twee studente eis R6 miljoen van Kovsies en Jansen

Eise van meer as R6 miljoen teen die Universiteit van die Vrystaat (UV) en sy rektor, prof. Jonathan Jansen, is in die Vrystaatse hooggeregshof ingedien.

Twee oudstudente van die UV, Cobus Muller van Pongola en Charl Blom van Hertzogville, eis saam R5,15 miljoen in skadevergoeding van die UV, Jansen en prof. Teuns Verschoor, ‘n tugbeampte.

Die eise vir skadevergoeding en laster is Donderdag deur die balju beteken.

Muller en Blom eis elkeen R500 000 vir laster in twee ope e-posse wat die rektor op 20 Februarie verlede jaar aan al die studente van die UV gestuur het.

Die eise spruit uit ’n voorval die aand van 18 Februarie 2014 toe ’n bakkie met Muller agter die stuur en Blom langs hom byna vir Muzi Gwebu, ’n medestudent, op die kampus getref het.

Die voorval is as ‘n “rassevoorval” voorgehou en die twee is geskors en strafregtelik aangekla. Hulle is later in die Bloemfonteinse streekhof op alle aanklagte vrygespreek en ook deur die Menseregtekommissie, wat die aangeleentheid ondersoek het, onskuldig bevind.

Jansen het in sy eposse verwys na “walglike dade van geweld”, “ ’n verskriklike voorval” en ’n “onreg”. Hulle word beskryf as “misdadigers” wat “hulle swak gedra”, wat “gewelddadige en haatlike mense is”, “gewetenloos” en “oortreders” wat “nie by hul sinne (was) nie”.

Die e-posse is deur die UV en Jansen op Facebook en Twitter versprei.

24 thoughts on “Twee studente eis R6 miljoen van Kovsies en Jansen”

  1. Mag rektum, Djansen die bedrag betaal totdat sy nasate, “voorouers” word. Wak en betaal, Djonafin, wak en betaal. Jou windgat houding het te ver gegaan. Die kleur van jou geld gaan nie saak maak in diue geval nie, pers en bruin sal werk.

  2. heeft dit dan geen gevolgen voor de positie van dolgedraaide racist Jansen in deze racistische anc sakp heilstaat. Er kan minstens aangedrongen op herziening van relaties met andere uni’s m.b.t. zijn onverantwoordelijke schuimbekkende wangedrag wat een soort anc sakp kettinghond met te lange ketting gelijkt.
    Kan iemand deze zaak nog even doorsturen naar samenwerkende uni’s in bv. Europa zoals misschien Groningen http://www.rug.nl, alwaar het eredoctoraat van de heer Tutu nog overeind staat.

  3. Steeds te min as jy in ag neem dat hierdie twee manne ‘n geweldige agterstand het.. hulle kon nie hul graag voltooi nie en dan is daar die “stigma” dat hulle geskors was. Ongeag of hulle naam weer in ere herstel is. Die probleem is wat gaan hul verlies van inkomste wees, ek kan nie dink dat dit slegs R3 mil oor ‘n tydperk van 10 jaar kan wees nie.

    1. “…EN SY VAL WAS GROOT”

      Mat 7:27 En die reën het geval en die waterstrome het gekom en die winde het gewaai en teen daardie huis aangestorm en dit het geval, en sy val was groot.

      Het jy besef dat jy die Bybel aanhaal? Baie Afrikaanse spreekwoorde en idiome http://www.gesegdes.co.za/idiome/idiome.html kom net so uit die Bybel!

      ‘n Paar voorbeelde …

      Aan die vrugte ken ‘n mens die boom. (Luk 6:44)- Jou dade wys wie jy is.

      Die breë pad (Mat 7:13)
      – die pad na die verderf.

      Jou brood in die sweet van jou aangesig eet (Gen 3:19)
      – baie swaar ‘n bestaan maak

      Hy het die mistrap deur die vingers gesien. (Job 11:6)
      – hy het toegelaat dat (die oortreding) gebeur, sonder om iets te doen

      Jou pêrels voor die swyne werp (Mat 6:7)
      – iets vir iemand doen wat dit nie waardeer nie of wat dit nie werd is nie

      Dis ‘n vlieg in die salf. (Pred 10:1)
      – Dis ‘n klein moeilikheidjie wat die genot bederf.

          1. Weliswaar gaan hier nou vir my ook ‘n lig op.
            Jy kan bes moontlik waar praat. Genugtig, maar die duiwel is darem lekker listig, die adder.
            As ek dit reg het praat Jesus ook op een plek van die “Addergeslag”.
            Nag ou vriend.

Maak 'n opvolg-bydrae