Kovsies het twee weke vir verweer teen lastereis

Die Universiteit van die Vrystaat het twee weke om verdediging aan te teken en daarna ‘n verdere drie weke om ‘n verweerskrif te liaseer in ‘n skadevergoedingsaak.

Twee voormalige Kovsies, Charl Blom en Cobus Muller, eis R6,15 miljoen van die instansie en sy rektor, Jonathan Jansen.

Die eis spruit uit ‘n voorval waarin die twee verlede jaar van poging tot moord aangekla is en later deur die hof en menseregtekommissie onskuldig bevind is. Hulle is kort na die voorval geskors en die kampus belet.

Hul regsverteenwoordiger, Werner Human, sê hoewel hy nie die inhoud van die eis kan bespreek nie, kan hy wel bevestig dat so ‘n eis bestaan.

Human sê die studente het aanvanklik R1 miljoen geëis, maar dit het slegs betrekking op die laster-eis.

Volgens ‘n verklaring gaan die UV die eis teenstaan.

8 thoughts on “Kovsies het twee weke vir verweer teen lastereis”

  1. Dit is reg dat hierdie manne die eis indien, want sou hulle dit nie doen is daar so ‘n stiile gedagte wat die rondte sal doen dat hulle tog skuldig was.
    Dit is jammer, die eis moet eintlik nog groter wees en terselfdertyd moes Mr Jansen se skorsing ook sommer ge-eis word.
    Dit is reg, laat daar gebloei word. Hy krap mos waar dit nie jeuk nie.

    1. Jonathan het geen amptelike bevoegdheid om onbevoeg op te tree nie. Hy het buite orde opgetree en die UR kan omdraai en beweer dat hy buite sy bevoegdhede opgetree het, dus ultra vires.
      Soos ek die storie volg kom dit voor asof kwaadwilligheid die angel is. Dit het geskied by wyse van skorsing sonder om prosedures te volg (audi alteram partem-reël) wat ‘n kenmerk is van die regstaatkonsep plus die wyse waarop die saak in die openbaar gevoer was.

      1. Dankie Johan – ek moet bieg ek verstaan nou nog minder – Soos ek die reël verstaan wat jy aanhaal beteken dit dat die jong manne in die “openbaar verhoor en gekruisig is” sonder ‘n kans om hulle kant van die saak te stel. Ek verstaan ook dat jonatan nie in hierdie verband mag opgetree het nie – is ek reg? Wat is die waarskynlike uitkoms hiervan? Beteken dit dat die manne ‘n kans staan om sukselvol te wees?

        1. Art 1(d) van die Grondwet bepaal, “…… om verantwoordpligtigheid .. te verseker.”
          Om mense in die “openbaar te verhoor en te kruisig” is om die minste te sê roekelose onverantwoordelikheid. UV sal hulle hiervan distansieer – waarskynlik alreeds in hulle beantwoordende verklaring as gesiteerde verweerders. Dit beteken dat Jonathan alleen die kastaiings uit die vuur moet krap.
          Die tweede aspek wat hiermee (in casu) saamloop, is art 33 naamlik regverdige administratiewe optrede. Jonathan het administratiewe besluite geneem toe hy die twee geskors het. Dus moet sy gedrag aan die betrokke artikel voldoen. Die een kenmerk van regverdige administratiewe optrede is die gemeenregtelike regsreël van ‘hoor beide party aan oftewel hoor die teenparty aan”
          Die feit dat die twee summier geskors was, het ernstige gevolge vir hulle. Dit moes in ag geneem gewees het. Die redelike person sou, gegewe die gevolge, al die tersaaklike feite in ag moes neem. Hy kon nie net op die klaer se ipse dixit
          (sigself + word) staatmaak nie.
          Jonathan sal ook die feite moet openbaar waarop hy sy besluit gebaseer het soos toe hy die besluit geneem het. Dit sal waarskynlik uit die omringende omstandighede en feite afgelei kan word. J gaan waarskynlik die waarheid geweld aandoen.
          Die universiteit is ingevolge art 239 se definisie ‘n orgaan van die staat en gelys in Skedule 2. Dus moes die bepalings van a 7(2) van die Grondwet nagekom gewees het. “Die staat moet die regte in die Handves van Regte eerbiedig, beskerm, bevorder en verwentlik”
          Watter regte? Die reg op gelykheid (art 9) – die klaer het nie meer regte as die verweerder nie. Die reg op menswaardigheid (art 9) – die twee jongmense se waardigheid moes deur J gerespekteer en beskerm word.
          Daar sal na alle waarskynlikheid deur J getrag word om die saak buite die hof te skik. As die twee jongmanne vasbyt gaan hulle J se ondergang in die akademiese en politiek beteken.
          J sal weldra uitvind dat as mens die lewe gatlik behandel die lewe mens gatlik met rente terugbetaal.
          Andy, ek dink die lang relaas sal jou vraag antwoord.
          Ten laaste, dit raak al hoe meer die howe se houding om kostes de bonis propriis (uit eie sak/boedel) teen amptenare wat openbare poste beklee toe te ken. Dit sluit aan by die beginsel van verantwoordpligtigheid hierbo genoem.
          Dit is net jammer dat prokureurs en advokate huiwerig is om sodanige koste-bevel aan te vra. Die rede is dat dit makliker is om geld uit die staatsorgaan te kry as uit die person.

Maak 'n opvolg-bydrae