Meer as duisend Malawiese burgers vertrek vandag uit Suid-Afrika as deel van ‘n repatriasie-program vir diegene wat die afgelope tyd deur geweld teen buitelandse burgers geraak is.
Vier-en-twintig busse sal vanoggend uit Midrand, noord van Johannesburg na Malawi vertrek, het RSG berig.
Die noodlenigingsorganisasie Gift of the Givers sê hulle werk saam met die regerings van Suid-Afrika en Malawi om te verseker dat die buitelanders veilig na hulle tuisland terugkeer.
Die organisasie het aan elkeen van die Malawiërs ‘n kospakkies uitgedeel om saam te neem huistoe.
‘n Woordvoerder, Emily Thomas sê die 1600 Malawiese burgers vertrek vandag uit Suid-Afrika omdat hulle vrees vir hulle lewens.

Ja die “show” wat nou deur SA opgesit word om gesig te koop is so helder. Ek wens SA kan soveel moeite doen met die dinge wat in hierdie land gebeur dan sal dit klaar beter gaan.
Wat van ons eie mense wat nie daagliks iets te ete het nie, nie eers ‘n kospakkie in sig of waarna hulle kan uitsien nie.
Na 3 maande in die “beloofde land”, Malawi, is hulle terug hier.