Landdroste al hoe meer in gevaar

Dreigemente teen en aanvalle op landdroste is besig om kwaai toe te neem. Die Sunday Times berig dat dié dreigemente en aanvalle verband hou met die hofsake wat landdroste aanhoor. “Die meeste van die landdroste is geregtig om onder beskerming geplaas te word as ‘n dreigement aangemeld, ontleed en bevestig word,” het die woordvoerder van

Lees verder: Landdroste al hoe meer in gevaar

Nelspruit hof toe oor naamsverandering

Inwoners van Mpumalanga en die Laeveldse Sake- en Toerismekamer is vandag in die Hooggeregshof in Pretoria om die naamsverandering van Nelspruit na Mbombela uit te daag. Sowat 20 000 inwoners en die Kamer het R300 000 ingesamel om die naamsverandering in die hof teen te staan. Die Kamer voer aan dat die naamsverandering die plaaslike

Lees verder: Nelspruit hof toe oor naamsverandering

SA, Maleisië wil nouer saamwerk

President Jacob Zuma se amptelike besoek aan Maleisië is daarop gemik om plaaslike beleggers aan te moedig om voordeel te trek uit die twee lande se noue bande, sê die ANC. Verskeie kabinetministers en sowat 30 sakelui het Zuma op sy besoek aan Kuala Lumpur vergesel. Die Suid-Afrikaanse afvaardiging onder leiding van pres. Zuma sal

Lees verder: SA, Maleisië wil nouer saamwerk

ANC stel weer 14 raadslede van Tlokwe aan

Die ANC in die Noord-Wes het Sondag gesê hulle sal gemeenskapsvergaderings reël met Tlokwe–inwoners om hulle in te lig dat die 14 geskorsde raadslede weer aangestel sal word. Die raadslede is geskors deur die ANC se provinsiale dissiplinêre komitee aan die begin van Julie na hulle teen die voormalige burgemeester Maphetle Maphetle in ‘n mosie

Lees verder: ANC stel weer 14 raadslede van Tlokwe aan

Bob wil van wit maatskappye ontslae raak

President Robert Mugabe van Zimbabwe dreig om buitelandse maatskappye in Zimbabwe uit die land te sit oor wat hy die Weste se inmenging in sy land se politiek noem. Hy het Zanu PF-ondersteuners by die begrafnis van ‘n senior weermagoffisier, Mike Karakadzai, in Harare toegespreek. Mugabe het na sy oorwinning in die verkiesing onderneem om

Lees verder: Bob wil van wit maatskappye ontslae raak

BHP sal veg om gesubsidieerde krag te hou

‘n Geheime ooreenkoms wat Eskom onderteken het, en waarvan die besonderhede van die publiek weerhou word, gaan die nasionale kragvoorsiener onder geweldige druk plaas indien dit rugbaar raak, om dit te hersien. BHP Billiton sal egter hof toe gaan om die spesiale kontrak met Eskom – wat elektrisiteit spotgoedkoop aan sy aluminiumsmelters tot 2028 voorsien

Lees verder: BHP sal veg om gesubsidieerde krag te hou

Blanke sterftes in staatshospitale is ‘nóg ‘n volksmoord’

Mnr. Hank Janse van Vuuren is volgens sy familie gelos om in die Tambo-gedenkhospitaal aan die Oos-Rand in uiterste pyn met ‘n bloeiende maagseer te sterf. Volgens sy suster, mev. Deirdré Ruthven, is hy “eers 17 ure ná hy opgeneem is, geopereer terwyl dit veronderstel was om ‘n noodoperasie te wees. Daar is ook ‘n

Lees verder: Blanke sterftes in staatshospitale is ‘nóg ‘n volksmoord’

SANW ontken gewonde in jongste M23-aanval

Honderde Kongolese burgers is in oproer ná buitelandse ingryping in hul land. Ontstoke inwoners het in die strate van Goma ingevaar om protes teen die voortgesette gevegte tussen hul weermag en die rebelle aan te teken. ‘n Reuters-ooggetuie het vier liggame gesien – ‘n vrou en drie kinders – en ‘n inwoner van Ndosho Charles

Lees verder: SANW ontken gewonde in jongste M23-aanval

Gupta-landing: Is staatsprotokolhoof gedemoveer?

Die departement van internasionale betrekkinge wil nie bevestig of die Hoof van Staatprotokol, Bruce Koloane weens die Gupta-vlugskandaal gedemoveer is nie. Die koerant, The Sunday Independent berig vandag dat Koloane op al die aanklagte teen hom skuldig gepleit het. Die departement se woordvoerder, Clayson Monyela het bevestig dat Koloane se tugverhoor afgehandel is. ‘n Ondersoek

Lees verder: Gupta-landing: Is staatsprotokolhoof gedemoveer?

Handsakgryper val hom dood op M1-snelweg in Johannesburg

‘n Grypdief wat ‘n vrou se handsak uit haar motor gegryp het, het hom Vrydagaand dood geval toe hy van ‘n brug in Parktown afgespring het, sê paramediese personeel Hy het die ruit van ‘n dame se motor stukkend geslaan en haar handsak gesteel terwyl sy in spitsverkeer op die M1-snelweg oor Empireweg naas Wits

Lees verder: Handsakgryper val hom dood op M1-snelweg in Johannesburg