Landdroste al hoe meer in gevaar

lawDreigemente teen en aanvalle op landdroste is besig om kwaai toe te neem.

Die Sunday Times berig dat dié dreigemente en aanvalle verband hou met die hofsake wat landdroste aanhoor.

“Die meeste van die landdroste is geregtig om onder beskerming geplaas te word as ‘n dreigement aangemeld, ontleed en bevestig word,” het die woordvoerder van die departement van justisie, Solomon Mahlangu, aan die koerant gesê.

Hy sê die departement is bewus van vyf landdroste wat vanjaar in of by hul huise aangeval of gedreig is.

Die Sondagkoerant het die voorvalle uitgewys. In een voorval is ‘n Wes-Kaapse landdros deur ‘n inbreker ingewag en met ‘n skerp voorwerp gesteek.

Nazeem Joemath, president van die vereniging van regsbeamptes, sê landdroste se veiligheid behoort ‘n prioriteit te wees.

“Ongelukkig gebeur dit nie.” – Sapa

18 thoughts on “Landdroste al hoe meer in gevaar”

          1. Jy het die moordenaarskaroo vergeet. Maar ja al drie.
            Seg het jou beeste nie beeslek nodig dat jy hulle moet gaan versorg voor die son sak? Ek is nou nie groot op kuier nie, (miskien op baklei) van ‘n introvert tipe. Iets soos lonely at the top. Al gewoond daaraan.

          2. Beeste? Watse beeste? Op ‘n lappie grond? Dan nog ‘n brandewyn suiper? Jy kan nie ernstig wees nie. Of is jou geheue so kort?
            Lekker aand maat

          3. Boerewitman laat Willy jou gerus vertel wat aanleiding gegee het rondom my vraag of hy van geweld hou.

    1. Dit was ‘n ge orkestreerde ding van die anc om ‘n witte die verhoor te laat doen in plaas van ‘n swarte. Nou kan niemand omdraai en sê ja, die swart regter was bevooroordeeld nie. Maar die regter , dink ek gaan in die aand huistoe met wroeging.

Maak 'n opvolg-bydrae