Landdroste al hoe meer in gevaar

lawDreigemente teen en aanvalle op landdroste is besig om kwaai toe te neem.

Die Sunday Times berig dat dié dreigemente en aanvalle verband hou met die hofsake wat landdroste aanhoor.

“Die meeste van die landdroste is geregtig om onder beskerming geplaas te word as ‘n dreigement aangemeld, ontleed en bevestig word,” het die woordvoerder van die departement van justisie, Solomon Mahlangu, aan die koerant gesê.

Hy sê die departement is bewus van vyf landdroste wat vanjaar in of by hul huise aangeval of gedreig is.

Die Sondagkoerant het die voorvalle uitgewys. In een voorval is ‘n Wes-Kaapse landdros deur ‘n inbreker ingewag en met ‘n skerp voorwerp gesteek.

Nazeem Joemath, president van die vereniging van regsbeamptes, sê landdroste se veiligheid behoort ‘n prioriteit te wees.

“Ongelukkig gebeur dit nie.” – Sapa